sowat 2,5 km noord van Grillenberger is hierdie ossewa. Lyk my hy het hier 'n papwiel gekry en is sommer net hier gelos. of die osse het gestaak of toe die man oppad na Grillenber toe is het die dorpie se mense als net so daar gelos en hom lags pad gekry toe hulle noordwaarts stap, toe los hy ook als en stap saam noordwaarts. Wat die rede vir die ossewa se laaste staanplek hier is sal ek nie weet nie.
In elk geval hier staan hy met sy papwiele
Sowat 3 km noord van die eensame ossewa is Charlottendal, ook 'n ou myn dorpie.
Charlottendal het in 1930 'n spookdorp geword. Ek lees dat daar in die omgewing 'n griep epedemie uitgebreek het, dlak die rede dat als net so gelos is oorlat die mense dood is?
Some scientists dispute this though, saying the fact that the skeletons are intact indicate that they may be the remains of people who died in epidemics in Charlottental, which became a ghost town in 1930.
Flue epidemics struck down some 4,000 people in the area early in the century.""
selfs die kombuis goed is ook net so gelos by Holsazia, 4 km noord van Charlottendal
daar is min bou materiaal, die kraaie gebruik sommer draad ook
Naby Holsazia is 'n groot begraafplaas, ons was nie daar nie. Dit kan dlak wees van die griep epedemie dat daar so baie geraamtes is?
Daarna was dit weer oor die duine see se kant toe.
Tot ons by die skeepswrak aangekom het. Die wrak van die Eduard Bohlen
Eduard Bohlen
Die skip het seker teen 'n moewiese vaart die strand getref dat hy nou sowat 400 meter van die water af op die sand lê. Nee ek skiet 'n kaart, die woestyn het in 100 jaar so sand opgebou dat hy nou so op die ooptes weg van die water af lê.