Author Topic: 2013 toer woestyn dag 6  (Read 5482 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
2013 toer woestyn dag 6
« on: August 17, 2013, 10:42:30 AM »
Die van julle wat al saam met Armand getoer het sal weet waaroor dit gaan:


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 2013 toer woestyn dag 6
« Reply #1 on: August 17, 2013, 02:16:37 PM »
Ag nee, jy kan nie so maak nie?!  Kom vertel vir ons wat nie saam getoer het nie ook.  Ek vrek van nuuskierigheid.   :angel4:
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 2013 toer woestyn dag 6
« Reply #2 on: August 17, 2013, 02:47:51 PM »
sal nog daarby uitkom, ek soek nou eers fotos uit vir vannaad opsit

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 2013 toer woestyn dag 6
« Reply #3 on: August 17, 2013, 06:09:16 PM »
Armand het 'n sêding: WAX hom, of kom ons wax die duin uit, of dan wax ons hier teen die strand af ens. hy wax als.
toe ons oppad na Hobas, Visrivier canyon was, is ons by canon roadhouse aan om middag ete te eet. hoe eerlik kuier ons toe daar tussen als wat met rygoed te doen het maar als is oud en dit is 'n turtle wax advertensie wat ek afgeneem het om vir armand te stuur.


Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 2013 toer woestyn dag 6
« Reply #4 on: August 17, 2013, 06:11:13 PM »
ek het soms fotos geneem om vir julle te kom wys....4500 fotos


Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 2013 toer woestyn dag 6
« Reply #5 on: August 17, 2013, 09:30:57 PM »
Armand het 'n sêding: WAX hom, of kom ons wax die duin uit, of dan wax ons hier teen die strand af ens. hy wax als.
toe ons oppad na Hobas, Visrivier canyon was, is ons by canon roadhouse aan om middag ete te eet. hoe eerlik kuier ons toe daar tussen als wat met rygoed te doen het maar als is oud en dit is 'n turtle wax advertensie wat ek afgeneem het om vir armand te stuur.

dis die rede dat ek dit hier bo geplaas het.
in elk geval behalwe 'n kraam geval: laat ons verder toer.
vandag is ons 6 de dag in die woestyn en ook ons laaste dag. daar is 257 km oor die duine wat gery moet word en ons wil ook nog baie stop om baie fotos te neem. 'n Toer is altyd 'n dag tot 5 dae te kort.

Ons is net na 8 uur by die kamp weg. Ons het die vorige aand sommer padkos gemaak om in die ry te eet, daar sou nie tyd wees vir stop en kos uitpak nie. Ons is eer strand langs noord tot by Meobbaai. Baie walvis bene gesien. daar naby is 'n eiland wat vroeër jare vir walvis slagtery gebruik is.

dis walvis bene wat hier so op die sand lê.



Dit is hoe die baai van Meobbaai lyk.



Die laaste staande delwershuisie by Meob. Die ander is verwyder en by Fishersbrunn opgespaan vir die visvangklub se lede. Die huisie is gerestoreer.



Armand vertel ons dat die manne wat daar gedelf het was ook maar manne en later kom hulle agter dat diamante alleen is nie so vervullend soos hulle gedink het nie. Daar het gereeld skepe verby gevaar wat voorrade gebring het. Die skepe het in die diep water anker gegooi en dan is daar moet roeibote vrag tussen die skip en di eland vervoer. Toe bestel die manne aan land vrouens. Die skeepskaptein kry toe vroue en toe die skip anker gooi en die vroue kyk van di eskip af die woestyn landskap, weier hulle om af te klim. Toe gaan praat die manne met die kaptien en sê hy moet ander vroue gaan soek en dan sorg dat die skip in die nag daar aankom. So geseg en so gemaak. Toe di eskip daar in die nag in die see lê, maak die manne klomp vure op die strand sodat dit van die skip af lyk of idt 'n baie groot dorp is. So word die vroue in die nag land teo gevat en die skip vertrek. Die vroue was darem nie baie opgewonde toe hulle die volgende oggend sien hoe lyk die plekkie waar hulle afgelaai is.

paar ooblyfsels





Koekepanne se spore is opgeroes





Die boot wat gebruik was om vrag tussen die skepe en land te vervoer word ook gerestoreer.





Na meob is ons eers weer binneland toe na die delwersdorpies wat verder van die kus af is.



Ons het op baie plekke die 80 km lang pyplyn gekry wat water vir die delwers dorpies gelewer het.



Die dorpie se naam is Grillenberger





as daar ossewaens was moes daar osse wees en dan moes die osse se voer ook ingebring word. Ek dink dit was 'n groter organisasie om daar diamante te dlef as wat ons besef.
Mens sien wel osse se horings daar, sommige het dit nie gemaak nie of is geslag vir vleis.






water is in die vaatjies wat deur osse getrek was, vervoer.





















ons het lugbesoekers ook gekry




hooivurk





alweer die pyplyn







ja hulle het bier gedrink ook




dis droog en die hout vrot nie soos by ons nie.



word vervolg

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 2013 toer woestyn dag 6
« Reply #6 on: August 18, 2013, 08:13:14 AM »
Dit lyk soos 'n spookdorp, tog, 'n stukkie geskiedenis. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 2013 toer woestyn dag 6
« Reply #7 on: August 18, 2013, 09:02:13 AM »
ja is omtrent spookdorp, amper soos kolmanskop die verskil is net dat hier hout strukture was en nie steen en sement soos by kolmanskop nie. en hier het die mense skielik padgegee of is dood aan 'n epedemie. Ek het iets raakgelees van griep epedemie in 1930 maar net op 1 plek en kon nie bevestiging daarvoor kry nie. Dit kan ook wees dat 'n pes soos runderpest die osse getref het en toe het hulle nie vervoer nie en moes toe uitstap uit die woestyn, maar ek kry nie iewers iets van runderpest in 1930 nie wel teen die einde van die 1800's

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 2013 toer woestyn dag 6
« Reply #8 on: August 18, 2013, 11:22:53 AM »
Ek het ook 'n bietjie opgelees en kon niks vind nie.  Hier is egter 'n skakel wat baie interessante leesstof bied, dalk sal jy daarin belangstel aangesien julle toer deur baie van die plekkies getol het.  (Met die wind al in die rondte gewaai.)  Ek moet net bysê dat jou foto's al die ander oorskry.

http://www.docstoc.com/docs/30387125/Luderitz-to-walvisbay-adventure
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 2013 toer woestyn dag 6
« Reply #9 on: August 18, 2013, 11:20:33 PM »
My seun 'wax' sy surfboard ... van die ander pynvolle wax praat ons liewers nie. Soos altyd is jou fotos 'n oogplesier en voorreg om in die gees saam te kan toer Stoffel.  :notworthy:

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 2013 toer woestyn dag 6
« Reply #10 on: August 19, 2013, 04:21:14 AM »
Dankie vir daai skakel PM, ek het gelees en dis baie interessant ja. Ons het hoeka saam met die toergroep van I Dream Africa gery wat op die webbelad is.