Author Topic: 2013 toer woestyn dag 5 a  (Read 5553 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
2013 toer woestyn dag 5 a
« on: August 15, 2013, 03:32:47 PM »
Ons het die nag in 'n kampterrein geslaap. Daar is nie baie nie maar meer as genoeg. Wendyhuis kombuis, 2 storte met warm en koue water en 2 spoel toilette en 'n lekker kuier area waar mens kan vuur maak en braai en kuier.

paar manne het besluit om weer te gaan visvang vir die dag en ander het besluit om 'n draai in die duine te gaan ry. EK is saam duine toe. Voor ons ry het ons besoekers by die kamp gehad.




die 2 wou wou so effe katterig raak, gehoop ons kry lekker aksie van hulle af maar toe ook nie.



ons het teen die strand gekamp. tussen waar ons is en die duine is 'n strook van sowat 80 km lank en tot 8 km wyd. Dit is die oer deltas van die Tsondabrivier (naby Solitaire)  en Tsaudabrivier ( Sossusvlei). Die water wat deesdae in die riviere afkom en teen die duine stuit, syfer onder die duine deur na die monding en dit neem sowat 15 jaar. As jy hier on die gedeelte vleierigheid op verkeerde plek ry gaan jy in modder vassit.



Die eerste duine na die vleiland





Hier was die duine naby di esee, dis amper aan die suidpunt van die delta.











Weer 'n slag iets anders as 'n duin wys



hier was dit hoog en steil af



so lyk dit van onder



en die brander sand wat so voor die voertuig uitloop maak so dreuning...brulsand.




teen die see het die wind min gewaai maar in die duine was dit weer sulke tyd.
nie lekker gewees nie maar wel mooi gewees.




ons het ook versteende duine raakgeloop daar tussen die duine.









wind en wind en sand



ek het paar benoude oomblikke onder in daai gat gehad







duin skrep op aan die een kant




en skerp af aan die ander kant





die kinders het dit vreeslik geniet om in die groot sand gate te speel




Dis hier waar ek my 2 - ling suster rakgeloop het, syt maar gehawend gelyk soos die woestyn haar verniel het, bly ek lyk nie soos sy nie.




uit die duine uit, in die delta het ons by Fishersbrunn aangedoen.



Dit was 'n dorpie waar water gepomp is vir die delwers dorpies en daar was ook geboer met groente. Hulle het groente aan die delwers en walvisbaai en swakopmund voorsien.



die water is baie vlak onder die oppervlakte en dis baie meer vars as brak.
die water was tot 80 km ver gepomp. die maatskappy wat die water voorsien het, het 20% van die diamante gevra wat die delwers gekry het. As hulle nie diamante gekry het nie het hulle ook nie betaal nie.

Die dorpie is klompie jare gelede herbou met huisies wat by Meobbaai afgebreek is en hier opgesit is.




Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: 2013 toer woestyn dag 5 a
« Reply #1 on: August 16, 2013, 06:17:15 AM »
Ek het my oge uit! gekyk aan hierdie duine.
Beeldskoon.  Die duine.  Nie die tweeling nie.  Giggles...
elle

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 2013 toer woestyn dag 5 a
« Reply #2 on: August 16, 2013, 06:22:54 AM »
daai duine bly vir my ook mooi, kan nie genoeg ervaar daarvan nie. ek het honderde fotos van die duine geneem en seker nog 40 uur se video ook in die duine geneem. het nog nie eers kans gekry om daarna te kyk nie. hiers nog baie ander duine fotos wat net te veel is om te wys.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 2013 toer woestyn dag 5 a
« Reply #3 on: August 17, 2013, 01:59:07 PM »
Pragtig AB.  Vertel watse benoude oomblikke jy in "die gat" gehad het en verduidelik daai foto van jou "tweeling suster".   :angel4:
Ek en Hannes geniet die foto's.  Baie dankie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 2013 toer woestyn dag 5 a
« Reply #4 on: August 17, 2013, 06:04:03 PM »
PM nou vra my my vas hehehe

toemaar ek sal vertel

ek het 'n foto gekry van my tweelingsuster wat afgeneem het toe ek op pad is onder die gat in.

die probleem is mens moet daar uitkom ook. my bakkie is nie baie sterk nie, het maar so om en by 110 kw en sy asem raak op as die bult te lank en te steil is en veral as die sand los is.
ek het 4 de of 5 de van voor gery en die spore was al lekker los geskop en die bakkie wou dit nie maak nie. Toe het armand 2 keer met sy land cruiser afdraend gery en spore platter getrap vir my. Die probleem is met die opgaan skop die voertuie die sand los en maak so effe sinkplaat wat die greep van die bande op die sand verminder.
hiers i foto waar ek nog op pad af is on die gat in, nog nie 'n foto gekry waar ek sukkel met die uitry nie.



die 2 ling suster werk so:
hier is 'n dame ( ja sys 72 en hardlooop nog die duine uit, rerig, as jy weer sien is sy doer bo op 'n duin.)  op die een forum wat saam op die toer was en ek het haar belowe ek sal nie 'n foto van haar op die forum plaas nie. Sy wil dit so hê en ek respekteer haar daarvoor. Toe trek ek sommer haar been en verander die foto wat van ons 2 saam geneem is en noem dit my 2 lingsuster.


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 2013 toer woestyn dag 5 a
« Reply #5 on: August 18, 2013, 08:04:09 AM »
Gelukkig het ons vriende en kennisse wat omgee nê!  Die woestyn is beslis nie 'n plek om alleen aan te durf nie. 

Ek sou graag haar gesig wou sien toe sy die foto sien.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 2013 toer woestyn dag 5 a
« Reply #6 on: August 18, 2013, 08:59:27 AM »
ek het vir haar die foto gestuur met die opskrif van: die foto van ons 2 wat ek op die forum gaan plaas

Dit het geklink of sy eers geskrik het toe sy die foto oopmaak en die onderkant sien vor die gesigte wys.
maar toe lag sy darem en dink dis oulik.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 2013 toer woestyn dag 5 a
« Reply #7 on: August 18, 2013, 11:09:27 AM »
Dit is goed gedoen, as ek nie geweet het hoe goed jy foto's kan manupileer nie, sou ek geglo het dis jou tweelingsus.   :icon_biggrin: 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 2013 toer woestyn dag 5 a
« Reply #8 on: August 18, 2013, 11:23:29 PM »
Fantabaloooooooslik pragtag!!!!

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 2013 toer woestyn dag 5 a
« Reply #9 on: August 19, 2013, 04:24:11 AM »
merieta, kan jy my seg, die fotos van die duine hierbo, ek het so effens aan hulle gekarring met photoscape, om meer kleur vir die duine te gee. Soms is die duine maar vaal. Is dit reg of nie, en het ek dlak te veel kleur gegee? Ek het dit gedoen deur gamma bright minder te maak en contrast asook saturation effe op te stel. sonder dit lyk dit fotos maar baie vaal.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 2013 toer woestyn dag 5 a
« Reply #10 on: August 19, 2013, 01:00:16 PM »
Ek wonder nou of dit die wind is wat jou laaste twee foto's weggewaai het???
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 2013 toer woestyn dag 5 a
« Reply #11 on: August 19, 2013, 01:38:15 PM »
kort daar fotos by jou?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 2013 toer woestyn dag 5 a
« Reply #12 on: August 19, 2013, 01:54:16 PM »
Sjoe, dit spook!  Hier was 'n boodskap dat dit verwyder is, maar dit is nou weer terug.  Skuus AB. 
Om te weet is om te verstaan.