• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

2013 toer woestyn dag 4

Started by AB, August 15, 2013, 07:58:45 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

AB

Ons het 'n vreeslike winderige nag gehad. Die bakkie het dwars in die wind gestaan om te keer vir wind. Die aand was nie erg koud nie en ek en piet het besluit om ons kratte langs die bakkie te pak en buite teen dit te slaap en nie tent op te slaan nie. Toe ons so om en by half 11 gaan slaap besef ons dat die wind gaan ons hinder en ons gaan vol sand wees môre oggend.
so slaan ons my tent op wat groot genoeg is vir 2 mense, ons dirnk elkeen 'n slaappil en klim in ons slaapsakke en slaap tot die oggend. slefs die tent het nie gehelp dat als nie vol sand is nie, daai fyn woestyn sand kruip orals in, selfs tussen jou tande. voel of jy kan boontjies plant in jou ore.

in elk geval so het dit oggend geraak en ons het dadelik opgepak anders gaan ons goed wegwaai as ons dit alleen los.

vinnig ontbyt geëet en gewag dat almal klaar kry.

so effens waaisand



Armand het gekyk hoe ver hy agteruit kan ry teen die duin op.



ons wag vir die groep om gereed te maak om see toe te vertrek




binne paar minute het die wind die sand so om die bakkie se wiel weggewaai




nog 'n bakkie wat agteruit teen die los duinsand op beur.










sand en sand en sand




hier is die delica onder die duin waar ons nou moet afry na daar waar hy nou is.





nog waaisand



ja die woestyn is nie kinderspeletjies nie, jy kan daar dooi ook





nog 'n skerp plek waar ons moet af



hier is die see nou









baie groot duine teen die see, moenie dat die water jou daar vasdruk nie



I Dream Africa het toestemming en permitte vir visvang. Die week na ons daar was het hy juis 'n groep geneem vir net visvang. Dis Catch and realease, jy mag niks uit vat nie.



ons het eers mossels gegrawe en dis ondenkbaar hoe baie mossels vlak onder die sand is, daar waar jy dans voel jy 'n plaat mossels voordat jou voete by jou enkels is.







daar was swael op die water en ons het nie baie vis gevang nie maar almal was darem tevrede. ek het 2 gevang, peet ook 2 en piet 4


















PM

Pragtige foto's AB en ek geniet die vertelling by elke foto.  Die woord "onherbergsaam" pas goed by die woestyn. 
Ek onthou toe ons klein was het die oumense gesê, jou ore is so vuil ons kan boontjies daarin plant.   :icon_biggrin:

Vertel 'n bietjie vir my:  Dit lyk asof julle altyd die duin se kruin uitsoek om oor te gaan, of is ek verkeerd? 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek sal NOOOIT moeg raak om na die duine te kyk. Elkeen uniek!!  :icon_salut: :love7:

AB

PM, dit lyk dlak net of ons die kruine uitsoek, maar die kruin waar ons oor ry is meestal die laagste plek al lyk dit nie so op die fotos nie. JJy sal later op die lugfotos sien daar is plekke waar dit net duine en duine is waar mens nie anders kan as om net op die duine te ry nie. Hier het ons nog stuk stuk in die strate ook gery, dis nie lekker nie want die baie hobbelrig.


ek stem saam marita elke duin is uniek. dis vir my baie mooi vroeg oggend of laat aan das die duine so skaduwee oor hulle self gooi

PM

Ek lief dit soos jy dit hier sê AB.

"dis vir my baie mooi vroeg oggend of laat aand as die duine so skaduwee oor hulle self gooi"   mooi gesê.
Om te weet is om te verstaan.