Author Topic: Kom ons praat KNOFFEL  (Read 6457 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Kom ons praat KNOFFEL
« on: August 14, 2013, 10:36:22 AM »
Behalwe dat knoffel vampiere wegdryf :icon_biggrin:  is daar soveel ander wonderlike werke van hierdie heerlike, stinkerige bestanddeel.

Kom deel jou resepte/wenke met ons.

Kom ons praat KNOFFEL   :toothy4:

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Kom ons praat KNOFFEL
« Reply #1 on: August 14, 2013, 12:02:49 PM »
tzatziki sonder knoffel is ondenkbaar en net so is rys pilaf ondenkbaar sonder knoffel en mint. 'n wildsboud sonder spek en knoffel? en dan is ek nie oortuig van die stink nie - nou is ek honger

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Kom ons praat KNOFFEL
« Reply #2 on: August 14, 2013, 12:47:48 PM »
Ja, jy is reg, dit stink nie rerig nie.  Dit is net daai reuk wat die volgende dag heeldag saam met jou loop wat my altyd so bietjie selfbewus laat voel.

Ek is lief vir enige dis wat met gebraaide uie en knoffel begin.  Ek dink ek kan dit netso op brood ook eet.


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat KNOFFEL
« Reply #3 on: August 14, 2013, 01:28:36 PM »
Ek lief lief knoffel.  Jy sal my selde sonder vars knoffel betrap.  Dit gaan saam met uie en gemmer!  Vars knoffel is nog die beste.  Dit kos nou R70 'n kilo, maar dit is nog 'n winskoop! 

Terry, ek sê altyd, as ander jou kan ruik is hulle te naby aan jou, dan is dit hulle probleem.   :icon_biggrin:

Voordat ek knoffel bewerk plaas ek dit in 'n koppie kookwater vir 'n paar minute.  Dit skil en kap dan maklik.  Ek braai eers my knoffel en gemmer en dan voeg ek die uie by.  Dan gebruik ek een telepel suiker vir elke ui wat ek braai.  Wag, nou gaan ek eers kosmaak!  :icon_biggrin:

Om te weet is om te verstaan.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Kom ons praat KNOFFEL
« Reply #4 on: August 14, 2013, 03:31:30 PM »
Nou mis ek jou kos PM!  Wat maak julle vanaand?

Ek het 'n geheimpie, wat niks te doen het met knoffel nie.  Ek braai my uie met omtrent 3-4 teelepels suiker voor ek die knoffel bysit.  Daardie soet uie doen dit vir my en dan die smaak van die knoffel.

Yum yum yum

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat KNOFFEL
« Reply #5 on: August 14, 2013, 06:28:38 PM »
Hou verby, baie ver verby. Ek is omgekrap as ek 'n pakkie of blikkie of kos by die deli wil koop en daar is knoffel in.
Hou net verby.

Ek onthou hoe Pappa knoffel ge-eet het.  Toentertyd op die plaas. 
Die knoffel het 'n lang ry in die groente-tuin gestaan en hy het vars knoffel dan in snytjies op brood en botter ge-eet.  Hy het geglo dit hou die virusse weg.

elle

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Kom ons praat KNOFFEL
« Reply #6 on: August 14, 2013, 07:00:09 PM »
 :icon_biggrin:
« Last Edit: August 15, 2013, 08:57:09 AM by Terry »

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons praat KNOFFEL
« Reply #7 on: August 15, 2013, 05:56:21 AM »
ek is ook lief vir knoffel

knoffel laat jou ook gewig verloor, of altans dit lyk so vir ander mense wat ver van jou af staan waneer hulle met jou gesels.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat KNOFFEL
« Reply #8 on: August 15, 2013, 09:03:45 AM »
Hê-hê, op 'n afstand! 

Ons het gisteraand skaapvleis en beesrib gehad vir aandete.  Hier is 'n lieflike braaipan wat die lewe darem baie makliker maak.  Eers het ek die vleis in stukke gesny en dit bruin gebraai.  Toe gooi ek die speserye by en laat dit kook tot al die water weg is.  Weer 'n bietjie gebraai en weer gekook tot die vleis sag was.  Wortels, aartappels en my mengsel van gebraaide knoffel en gemmer, uie en pepers bygevoeg en laat kook tot amper sag.  Dan voeg ek sampioene en 'n pakkie bruin soppoeier en 'n handjie gekapte seldery by en laat prut tot dit gaar is.  Met rys was dit 'n koningsmaal. 
Ek is 'n liefhebber van eenpotgeregte en sal drie aande 'n week so 'n "moerby" gereg kook. 

Ons het 'n "winskopie" raakgeloop en toe 'n paar knoffels gekoop.  Dit het ek in 'n beker kookwater laat staan vir 'n paar minute, geskil en die huisies net so heel in 'n bottel geplaas en dit opgevul met olie.  Nou kan ek net daarvan neem en kap en in my geregte gebruik en die olie het dan 'n lieflike knoffelgeur. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat KNOFFEL
« Reply #9 on: August 15, 2013, 06:46:14 PM »
Ja, AB, ek glo dit sal jou laat gewig verloor, altans vir my as alle kos skielik met knoffel gepeper word. 
Ek sal weier om te eet.
elle