• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

winter deur die doringblare

Started by adele, June 02, 2011, 10:07:01 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

hier deur die doringboom se takke
   loer die laaste strale
      van die skemer
         by die glasdeur in,
       gooi sulke effense treurnote
   teen die kosyn vas.
sy fyn doringblaartjies
   is ook nie bestand
      teen die koue wat
         van oor die water
      vertel hoe hy
   ons gaan vashou
en doodse tone
   in ons tekkies
gaan agterlaat nie.


:grommit:
adéle  :grommit:

Naas

Tone doodgebyt in winterskou.
Die slinger van jou reels laat die koue rillings in my lyf af dans.

Mooi vers.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Goed gedoen Adéle.  Die tipografie is interressant.  Vertel hoekom het jy dit so geskryf asseblief.
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Mooi mooi mooi. Ek hou van die manier hoe dit so lekker vloei.  :hello2:

:angel12:

adele

  :wave: dankie vir julle komtaar   :love7:   

hier voor die een chalet staan doringbome met hulle voete inni water omdat di dam so vol is. en hierdie het ek geskryf toe die son een aand op die golfies weerkaats het tot ini chalet, as die wind waai maak die dam sulke ronde rimpelings en klein golfies.


:grommit:
adéle  :grommit:

PM

Dankie vir die deel hiervan.  Dit klink so soet en rustig uit jou pen! 
Om te weet is om te verstaan.