Author Topic: PM se Koolgereg  (Read 4703 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
PM se Koolgereg
« on: August 11, 2013, 09:17:02 AM »
Nou ja toe, as jy lag-lag die lekkerste koolgereg wil maak, doen dan so:  Lees eers die resep.

Skink 'n glasie rooiwyn om moed te skep en vat 'n groterige sluk.
Skil en sny twee aartappels in happiegroottes en kook in soutwater tot gaar. Vat 'n sluk wyn en berei intussen die koolgereg.
Krap en kap plus minus 'n gholfgrootte stukkie gemmer fyn en vat 'n slukkie wyn.
Skil 6 knoffelhuisies en kap fyn en vat nou 'n groot sluk wyn, want nou moet jy die uie skil en sny.
Skil en sny een groot ui in repies. Teen hierdie tyd behoort jou glas leeg te wees.  Was jou hande en snuit jou neus en hervul jou glas.
Sny 'n kwart geelpeper en 'n kwart rooi- of groenpeper in blokkies. Vat 'n sluk wyn.
Kerf twee koppies kool.
Haal 'n bottel brandewyn uit die kas en vat 'n sluk (sommer so uit die bottel uit) om seker te maak dit is nog reg. Meet nou vier proppies vol en hou dit eenkant.  
Haal die braaipan uit, of vat 'n groot pan en plaas dit op die stoof op matige hitte.
Kyk nou of die aartappels al gaar is.  As dit deur al jou gesuipery verbrand het, sal dit jou nie meer bekommer nie.  Skink nog 'n glas wyn en begin voor.  (Los die gebrande pot vir later.)  Sodra die aartappels sag gekook is, haal dit uit en laat dit afkoel.
Nou kan jy begin skink en drink en bak en brou.
Smelt 2 eetlepels botter en 2 eetlepels olie in die pan. Vat 'n slukkie wyn.
Braai die knoffel en gemmer daarin. Snuif die geure behoorlik in.
Voeg die ui by en strooi 'n teelepel suiker oor.  Braai tot ligbruin.  (Onthou om 'n sluk wyn te vat.)
Strooi 'n teelepel speserye van jou keuse oor en roer. (Ek het hoenderspesery gebruik.)
Maak jou glas vol wyn.
Voeg die pepers by en braai nog.
Voeg die kool by en vat nou die brandewyn, drink die helfte en voeg die res by die gereg.  
Draai die hitte na laag, maak seker dit is laag en nie hoog nie.  
Plaas die deksel op en ontspan vir 'n klein rukkie met 'n heerlike glasie rooiwyn.  (Wit wyn sal ook werk.)
Nou vat jy 'n spaan en stapel die gereg in die middel van die pan op.
Daar sal nog genoeg botter en olie in die pan wees om die aartappels te braai.
Pak dit nou al om die rant van die pan en braai tot ligbruin.
Soos hierdie eerste foto:

Skakel die stoof af en roer alles deurmekaar.
Srooi gemaalde swartpeper en rooipeper bo-oor en plaas die deksel op.
Ontspan nou rustig met 'n glasie rooiwyn voor ete.

Thien jy nou, kothmaak ithie tho ergie.  

« Last Edit: August 11, 2013, 09:26:31 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: PM se Koolgereg
« Reply #1 on: August 11, 2013, 11:25:45 AM »
Ek wil neerval van die lag....
Julle moet maar KFC gaan koop vir middagete as ek moet kool kook, want na die eerste sluk al begin my tande pyn en my enkels swik.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM se Koolgereg
« Reply #2 on: August 11, 2013, 12:00:48 PM »
Jy sal maar die wyn moet drink en die kinders vra om die kool te kook.   :icon_biggrin:

Dit is regtig 'n baie lekker gereg, dit is hemels.  (Skep maar 'n bietjie in 'n bakkie vir die volgende dag as jy kan proe wat jy eet.)   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: PM se Koolgereg
« Reply #3 on: December 05, 2013, 09:43:08 AM »
I've tried this and after the third refilling of the second bottle of red couldn't find the cabbage or the potatoes . . .  :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM se Koolgereg
« Reply #4 on: December 05, 2013, 11:28:37 PM »
 :sign10:  Dit is nogal 'n uitdaging!  Probeer gerus more weer.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.