• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Destiny

Started by PM, August 10, 2013, 10:30:55 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Destiny

As die Weer nou net sal saamspeel
kan ek en jy rivier toe gaan
om daar te swem en vis te vang
en aan mekaar se woorde hang

tot die aandster haar ogies knip.
As die Weer nou net sal saamspeel
en die volmaan loer oor die rant
kan ek en jy 'n vuur maak brand.

Jy kan knus by my voete sit
met jou kop snoesig op my skoot
- as die Weer nou net sal saamspeel -
kan ek my liefde daar verklaar,

dan vleg ek vir jou 'n mooi kroon
met takkies van die wilgerboom
ons sweer dan trou om een te wees
- as die Weer nou net sal saamspeel -
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Pragtig vriendin. Die weer ja! Daai een wil mos nooit saamspeel nie.

PM

Dankie Ans. 
Alhoewel die gedig in 'n ligte luim geskryf is, is Weer met 'n hoofletter gespel wat 'n aanduiding is dat ons as mens kan wik, maar ons kan nie ons toekoms bepaal nie.  Dinge werk nie altyd uit soos wat ons dit wil hĂȘ nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

Dit laat my terselfdertyd glimlag en beaam. Pragtig geskryf.

PM

Dankie matertjie.  Jy is altyd 'n sonstraaltjie in my dag.
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Ek aanvaar die uitnodiging.
Nou moet die weer net asseblief begin saamspeel.
Baie mooi.
elle