Author Topic: Ondeurdagte gedagtes  (Read 2285 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Ondeurdagte gedagtes
« on: August 10, 2013, 08:12:02 AM »
Ondeurdagte gedagtes

Koppe gevul met leë gedagtes
Staar met nikssiende oë
Na die begin van die einde.
 
‘n Generasie wat staan en hardloop
Bou ywerig aan ‘n dooie lewe.
Sonder voorafbepaalde nagevolge.
 
Hul redeneer in doodloopsirkels
En reguit spirale
Om onreg te regverdig.
 
As die einde nou so begin,
sal die koppe vol leë gedagtes
In ‘n blink toekoms verdof?


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Ondeurdagte gedagtes
« Reply #1 on: August 10, 2013, 08:18:03 AM »
Deurmekaar generasie...  waar is die leiding heen?
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ondeurdagte gedagtes
« Reply #2 on: August 10, 2013, 09:44:27 AM »
Pragtig verwoord Naas. 
Ons praat ook van die "duimgenerasie", maar nou die dag sê iemand vir my dit is die "afkoppiegenerasie".  Hulle is heeldag met "afkoppies", oge en duime op die allerhande goete waarmee hulle kommunikeer, behalwe daar waar iemand voor hulle staan en met hulle gesprekvoer. 

Ella, jy laat my gedagtes op loop gaan aangaande leiding. . .  Dalk roep dit vir 'n nuwe onderwerp. 
Om te weet is om te verstaan.