Author Topic: Kom ons praat JOGURT  (Read 5070 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Kom ons praat JOGURT
« on: August 06, 2013, 04:58:44 PM »
Ons het gehoor as jy nagapies wil lok dan kan jy jogurt vir hulle uit sit.  Met groot opwindenheid het ons gister aand in die bos om ons vuurtjie gesit en kyk hoe hulle jogurt kom eet.  Kom vertel ons jou eie ondervindinge/wenke/resepte.

Kom ons praat JOGURT   :toothy4:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Kom ons praat JOGURT
« Reply #1 on: August 06, 2013, 08:22:37 PM »
jogurt kan amper oral gebruik word ...
smeer dit oor steak en tjops as versagmiddel ...
los bietjie ongegeurde jogurt op in badwater vir 'n sagte vel ...

maar die lekkerste vir my is

1 Pakkie Tennisbeskuitjies en
+/- 'n koppie harde margarien of botter, gesmelt
1 e suiker
1 teelepel kaneel

meng alles en druk in tertbak

meng
1 x 500ml Yogurt (enige geur)
en 1 Blikkie Kondensmelk

Meng yogurt en kondensmelk met vurk tot goed gemeng.
Gooi in kors en mikrogolf vir 3-4 minute.
Laat afkoel en geniet, maar verkieslik dieselfde dag!

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Kom ons praat JOGURT
« Reply #2 on: August 07, 2013, 08:43:48 AM »
Oooh, dit klink na 'n heerlike tert, dankie Adele!  Ek gaan hom beslis probeer.  Ek het al gehoor oor die jogurt in jou badwater meng, maar weet jy dalk hoeveel is genoeg?

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Kom ons praat JOGURT
« Reply #3 on: August 07, 2013, 09:23:59 AM »
Hier is 'n resep vir baie maklike jogurt flatbreads.

4 Koppies meel
2 & 1/4 Koppies plein jogurt
2 Eetlepels gedroogde of vars grasuie
Fyngekapte knoffel
Botter
Sout

Meng die meel, jogurt, sout en grasuie saam.  Deel die deeg in klein balletjies op.  Strooi bietjie meel op elke balletjie en rol uit met 'n koekroller.  Bak in die oond teen 180grade vir 10minute en draai dan om vir 'n verdere 7minute.  Haal uit die oond en smeer botter en knoffel bo-oor.  Sit terug in die oond totdat botter gesmelt is. 

Jy kan ook die deeg in foelie toedraai en die botter en knoffel bo-op smeer en dan op die kole laat braai vir so 15 minute, waar jy so elke nou en dan die pakkie omdraai.

Gaan kyk gerus op die forum se resepteboek waar ek stap vir stap fotos van die resep gaan plaas het:

http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=3253.0