• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kom ons praat JOGURT

Started by Terry, August 06, 2013, 05:58:44 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Terry

Ons het gehoor as jy nagapies wil lok dan kan jy jogurt vir hulle uit sit.  Met groot opwindenheid het ons gister aand in die bos om ons vuurtjie gesit en kyk hoe hulle jogurt kom eet.  Kom vertel ons jou eie ondervindinge/wenke/resepte.

Kom ons praat JOGURT   :toothy4:

adele

jogurt kan amper oral gebruik word ...
smeer dit oor steak en tjops as versagmiddel ...
los bietjie ongegeurde jogurt op in badwater vir 'n sagte vel ...

maar die lekkerste vir my is

1 Pakkie Tennisbeskuitjies en
+/- 'n koppie harde margarien of botter, gesmelt
1 e suiker
1 teelepel kaneel

meng alles en druk in tertbak

meng
1 x 500ml Yogurt (enige geur)
en 1 Blikkie Kondensmelk

Meng yogurt en kondensmelk met vurk tot goed gemeng.
Gooi in kors en mikrogolf vir 3-4 minute.
Laat afkoel en geniet, maar verkieslik dieselfde dag!

:grommit:
adéle  :grommit:

Terry

Oooh, dit klink na 'n heerlike tert, dankie Adele!  Ek gaan hom beslis probeer.  Ek het al gehoor oor die jogurt in jou badwater meng, maar weet jy dalk hoeveel is genoeg?

Terry

Hier is 'n resep vir baie maklike jogurt flatbreads.

4 Koppies meel
2 & 1/4 Koppies plein jogurt
2 Eetlepels gedroogde of vars grasuie
Fyngekapte knoffel
Botter
Sout

Meng die meel, jogurt, sout en grasuie saam.  Deel die deeg in klein balletjies op.  Strooi bietjie meel op elke balletjie en rol uit met 'n koekroller.  Bak in die oond teen 180grade vir 10minute en draai dan om vir 'n verdere 7minute.  Haal uit die oond en smeer botter en knoffel bo-oor.  Sit terug in die oond totdat botter gesmelt is. 

Jy kan ook die deeg in foelie toedraai en die botter en knoffel bo-op smeer en dan op die kole laat braai vir so 15 minute, waar jy so elke nou en dan die pakkie omdraai.

Gaan kyk gerus op die forum se resepteboek waar ek stap vir stap fotos van die resep gaan plaas het:

http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=3253.0