Author Topic: 2013 toer woestyn dag 1  (Read 4804 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
2013 toer woestyn dag 1
« on: August 06, 2013, 09:29:58 AM »
Jammer as dit dalk eentoning gaan raak om na fotos van duine te kyk. die woestyn duine met niks plantegroei is vir my vreeslik mooi en ek het seker 1000 kiekies daarvan geneem. sal darem nie vir julle straf om al daai duine fotos te wys nie. die wonderlike van die duine is dat soos die son skuif , soos die skaduwee skuif, verander dit wat jy sien van die duin. Dan verander die duine ook as die wind waai.

In elk geval ons het Woensdag middag al seker gemaak dat die bakkie se 250 liter petrol onder die pens so vol as kan is en ook nog 1 20 liter jerrykan vol petrol. Die afstand is tussen 650 en 700 km wat ons moet ry en ek weet nie hoe swaar gaan die bakkie op petrol wees nie. Ek het gereken 270 liter sal seker genoeg wees. Armand wat die toer lei het gesê die Land Cruiser waarmee hy ry gebruik 300 liter op daardie roete.
Ons het ook 100 liter water aan boord gehad. Dan ook ons drinkgoedjies en paar versnaperings en kamp toerusting. dit was maar 'n swaar vrag maar ons sien vir baie kans. Dalk dom of braaf? ons weet nou nog nie.

Laaste maak seker dat als vas is.



Aan die begin is mens maar skaam vir al die vreemde mense wat saam op toer gaan.

Na ons van die teerpad af is het ons gestop om wiele effe papper te maak en toe ry ons die eerste deel deur plase waar met beeste geboer word.



ek sal so hier en daar voertuig fotos wys ook dat dit darem nie net duine is nie.

Armand, die toer leier se Cruiser.



Daar was mense wat in Zambië woon ook saam op die toer. Hugo het kort tevore die Toyota Tundra met sy 5,7  V8 gekoop. Hy sê hy weet glad nie hoe die bakkie hom in die duine sal gedra nie. Sjoe daai 8 prop klink mooi as hy so teen 'n duin uitbrul.



Die bakkie is later worshond gedoop want sy pens het baie keer gesleep oor die duine.

Die woestyn is darem 1 plek waar mens soms skoon blou lug kry.



Die woestyn is darem nie net een dooie stuk aarde met net lewelose duine nie.



Daar is heelwat plantegroei as mens dink hoe laag die reënval is is dit 'n wonderwerk hoe spesies aangepas het.


ons het heelwat feetjiesirkels gekry en daar is nou nog nie 100% eenstemmingheid wat die oorsaak daarvan is nie. Sommige reken dis termiete, ander sê dis aardgas en ander sê dis die giftige renosterbos wat daar gegroei het en die grond vergiftig het.




'n 10 karre konfooi.



nog 'n woestynpad met min draaie en baie hobbels, skud jou uitmekaar op daai pad, maar gelukkig gaan dit ook verby.






So het ons al nader aan die duine gekruip




Due Hilux se vrag het later maar skeef gehang maar gelukkig het die bande en net bo-oor gehou en ons het nie vrag verloor nie.




Ons het heelwat gestop om fotos te neem







Duine met bome op is ook mooi



so kom ons al nader aan die duine



Totdat ons rerig moet begin kophou in die sand met die 4x4 ryery. Werner se Cruiser ken ook nie die einde van sy krag nie.



die foto is geneem aan die bo kant van die Koichabpan waaruit Ludritz water kry. Dit is sowat 65 km noord oos van Ludritz.



Al voertuig wat nie 'n Toyota was nie is die Delica.



Weer 'n foto van die pan. Dit is fossielwater wat daar uit gepomp word.



Dis vir my baie moeilik om 'n duin verby te ry en dit nie af te neem nie.





en soms 10 fotos van dieselfde duin te neem, sal darem nei al 10 van 1 duin wys nie.





Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: 2013 toer woestyn dag 1
« Reply #1 on: August 06, 2013, 12:04:04 PM »
ek is mal oor die duine-foto's, ken mos nie so graag kyk ek daarna.

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 2013 toer woestyn dag 1
« Reply #2 on: August 06, 2013, 12:29:27 PM »
Ons luister hoe die worshond die duin op brul met daai 5,7 liter 8 prop, dit klink darem mooi.



Bo op die duin het ek plat op my pens gaan lê om die sand walletjies af te neem.



So het dit aand geraak en ek het weer 'n nagfoto of 3 probeer neem.



Almal staan maar naby die vuur vir hitte. die kouete het ons bekruip.



Hier staan my iglo eenkant weg van die ander snorkers af sodat ek in rus en vrede kan snork.



iewers in die na nag moes ek 'n ernstige draai gaan loop. ons toilet sitplek, papier en graaf het buite langs die bakkie gestaan. èk het probeer die ys met my handskoene van die sitplek afvee maar dit het niks gehelp nie. het maa rmet kaal boude daarop moes gaan sit, sjoe so koud dat alle gevoel doodbrand, maar ek het oorleef.
peet se iglo teen die duin met die sterre wat koud op hom skyn.





die helder is van die sterre, seker die melkweg. die strepie is 'n sateliet.


Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: 2013 toer woestyn dag 1
« Reply #3 on: August 06, 2013, 06:50:08 PM »
Beeldskoon... Die duine, nie die kuite.
Ek het in 'n feetjiesirkel gedans. 
Dankie AB, vir die herinneringe weer losmaak en weer die lekkerte beleef.
elle

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 2013 toer woestyn dag 1
« Reply #4 on: August 06, 2013, 07:05:52 PM »
pilsier ou dier, ek is bly iemand kan dit geniet saam met my.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 2013 toer woestyn dag 1
« Reply #5 on: August 07, 2013, 02:03:32 PM »
Ek vergaap my aan al die mooi foto's en jy kan maar wys en wys tot jy pers is, ek sal nie genoeg kry nie.  Hier kom ek dikwels weer verby, jy sal my sien!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 2013 toer woestyn dag 1
« Reply #6 on: August 18, 2013, 11:46:40 PM »
Jy hoef nooit bekommerd te wees dat die ou wat hier verbykom, verveeld sal wees nie Stoffel!!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 2013 toer woestyn dag 1
« Reply #7 on: August 19, 2013, 12:40:34 PM »
Hier is een bron wat sê die feetjiesirkels word veroorsaak deur termiete.

http://newswatch.nationalgeographic.com/2013/03/28/africas-mysterious-fairy-circles-explained/
Om te weet is om te verstaan.