Author Topic: 2013 toer aus  (Read 4186 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
2013 toer aus
« on: August 05, 2013, 07:59:39 PM »
Ons het nie op Rosh Pinah oorgebly nie maar by klein aus vista gaan kamp. In die agtermiddag daar aangekom en gaan inboek en toe eers die wildeperde gaan kyk. Die perde se een drinkwater plek is sowat 20 km van Aus af. Toe ons afdraai van die teerpad af staan 2 en wag vir ons. Die een wil net kom gesels en druk amper sy kop by die oop venster in.




Ek klim toe uit om nader kennis te maak.







onder by die watergat was daar seker 120 perde in die omgewing en 1 gemsbok, 1 springbok en 3 volstruise.



soms het die paaie in die woestyn geen onnodige draaie nie.



In die kamp op aus. Ons het ons tente die keer taamlik ver van mekaar opgeslaan. Dit het effens gehelp maar nie baie nie.





sonsaktyd



die klippe kry di emooiste kleure in die aand wanneer die son sak.




Volgende oggend eet ons weer ontbyt van kofie, beskuit en weetbix. die voëltjies kom eet saam. ek knyp die beskuit tussen my vingers vas en hulle baklei omtrent om stukkies af te pik.




Toe vat ons die pad see se kant toe. Ja weereens die woestyn se paaie het nie onnodig draaie nie.




Duine wat rondloop is soms 'n probleem. die ou telefoonpaal is amper heel toe.




Ons is toe eerste by Kolmanskop in. Vroeër jare moes jy by die toeriste kantoor op Ludirtz kaartjie koop vir ingaan maar nou kan mens by die ingang van Kolmanskop ook kaartjies koop.

ek het besluit om nie vreeslik fotos van die huise te neem nie want dit word gereeld in tydskrifte en op die net gewys. Die treintjie het so draai in die drop by al die huis verby gery en elke huis se halwe blok ys afgegee elke dag. Later is daar ook sitplekke bygesit en as taxi gebruik vir die vroue.




Die saal se kombuis



Die inwoners kon gimnastiek doen in die saal.



Foto van hoe die myners doerie jare geslaap het. Hulle is daar ook soos in weermag kamp opgesluit en moes aansoek doen om uit te gaan op pas en dan 3 dae kasterolie drink voordat hulle mag gegaan het.




Daar is later jare diamante op Oranjemund ontdek en die meeste mense het daarheen gegaan. Eers het die vrouens agter gebly en di emans het naweke kom kuier maar later is die vroue ook daarheen.




So het oranjemund in 1940 gelyk, deedsdae 'n mooi dorp met baie bome





Daar is baie maniere wat al probeer is om diamante uit te smokkel.

Hier is 3 voorbeelde
skoen


kruisboog



Duiwe




Wonder of mens morbied sou raak as jy al die tyd sulke uitsigte by jou vensters en deure gehad het. dalk minder morbied as wat mens kry in engeland waar dit meeste van die tyd bewolk of mistig is.









Die woestyn speel nie met 'n huis nie.



Daar is maar onderhoud nodig




maar daar is geen rede dat daar nog mense sal wil woon op kolmanskop nie



daarom word die huise nie meer skoongemaak en onderhou nie.





Is die mense wat hier staan baie lank of is die huis vir baie kort mense gebou of is die huis net lank laas uitgevee?





toe ons klaar is het ons 'n sandbad geneem




die sandbadkamer se dekorasie




Ons is toe Ludritz toe




die hawe




Ons het toe die diaz kruis by diazpunt gaan besoek
daar is deesdae 'n graniet kruis, Diaz se oorspronklike kruis is lankal nie meer daar nie.



daar is paar geboue en vuurtoring by Diazpunt



Daar is 'n tee tuin ook



wat dit verkoop



die plek was toe en
toe eet en drink ons maar uit ons eie koskas.
Hier het ons die laaste van die beestonge geniet.





aan Ludritz se buitewyke



en weer die lang reguit stukke pad terug aus toe. aus is 120 km van ludirtz en is so iets soos 1550 meter bo die see. dis ''n klimmery heelpad.



Die nag was nogal koud. ek het die nag fotos van ons kampery geneem.

met die eerste 2 fotos het die half maan geskyn



Piet moes roer in die vuur dat daar stepe op die foto kon wees.



ek het so 4 uur se kant wakker geraak om 'n draai te loop, was vrek koud maar ek het steeds kans gesien om die foto te neem en my tent met 'n liggie rooi te maak



ja dit was 'n koue nag, toe ek wou water tap die volgende oggend is al die krane toe gevries.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 2013 toer aus
« Reply #1 on: August 07, 2013, 02:12:35 PM »
Ek lief al die foto's, die kleure en interessante vertellings.  Baie dankie AB, ek sal nooit moeg word om te "kuier tussen jou klikbekkiekletsies" nie.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 2013 toer aus
« Reply #2 on: August 18, 2013, 11:45:01 PM »
Ek vergelyk die sandverwaaide huise en die beton-oerwoud. As ek kon kies, het die verweerde skatte by verre voorkeur gekry (as daar voorraad en 'n maat of twee by was natuurlik)  :angel4:

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 2013 toer aus
« Reply #3 on: August 19, 2013, 04:32:47 AM »
daarmee wil ek met jou saamstem Meriai