• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die Quatern

Started by PM, July 29, 2013, 10:12:49 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

PM

Hierdie Franse digvorm is maklik en behalwe vir die refrein en die 8-lettergrepigeversreëls, is daar geen ander vereistes nie. 

Die Quatern bestaan uit 4 kwatryne of vier stanzas, met 8 lettergrepe per versreël.  (16 versreëls)
Die eerste versreël is die refrein wat weer in die tweede stanza in die tweede versreël herhaal word en weer in die derde versreël van die derde stanza
en in die laaste versreël van die vierde stanza. 
Daar is geen vasgestelde vereistes vir rym of metrum nie. 

Wie gaan eerste 'n voorbeeld skryf?


Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#1
In 'n lang gang van my menswees
is daar kapstokke, waar onthou
hang soos jasse en as k(l)oue
wurg, reik my vingers na gisters.

Gevleg strek ons padkaartspore
in 'n lang gang van my menswees.
Elkeen getuig van seisoene -
ragfyn verweef deur lief en leed.

Somtyds staan ek net stil en streel
oor die ryk voue van onthou
in 'n lang gang van my menswees
waar emosie, kleurvol verstom.

Deur elke deur het ons gestap...
Vader Tyd, die skepper van my
skemerskadu-skerweprente
in 'n lang gang van my menswees.

© Meraai vannie baai














PM

#2
 :hello2:  Baie dankie Raaitjie, dit is 'n pragvoorbeeld.  

Wonder ek nou wie se gediggie gaan volgende pronk.  

Kom help ouens, ons wil graag voorbeelde hê vir die volgende boek wat al heelwat bladsye in het.  Julle is natuurlik almal welkom om nuwe gedigstrukture te plaas. 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi


Naas

Sterre

Die sterre in jou oë skyn
soos ragfyn sy my aura deur,
speel wegkruipertjie in my siel
waar my liefde vir jou nooit kwyn.

Terwyl ek ontspan sien ek nog
Die sterre in jou oë skyn.
Vuurvliegies uit 'n donker woud
Wat dartel deur hart se snare.

Op feetjieflindervlerke ry
My gemoed in maanloos wonder,
Die sterre in jou oë skyn
Ragfyn vanaand hier net vir my.

Vingers streel die ragfyn  strale
in die gange van my wese.
Word In liefdeslig gebaai as
Die sterre in jou oë skyn.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Dis pragtig Naas, baie dankie vir die deelname. 

Miskien kan ek nou lank genoeg op een plek stilsit om ook te probeer. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

 :hello2: :notworthy: :icon_salut:
Toe jy gister belowe om ook 'n versie met jou woordkwaste in die deurmekaar van jou grysmassa uit te gaan krap, het ek geweet - hier kom 'n ding!!!

PM

Ai Raaitjie, ek sien nog net karre verby flits en het hierdie onaangename gevoel van "bak suster, bak en brou" en ek weet werklik nie waar dit vandaan kom nie.   :icon_biggrin:  Gee kans, dalk spring my Muse van haar planeet af binne in die pot, dan is daar pêre!   :angel4:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

My Quaturn

Tong-in-die-kies-agt-klop-ritme
gogel die Quaturn deur my kop.
Agt klappies in een ry te kry...
Dis hoe jy op die vierperd ry.

Die uitdaging voor jou gegooi:
Tong-in-die-kies-agt-klop-ritme
met vier kwatryne in 'n string
moet jou vers een die golwe oor.

'n Seekat met sy agt lang arms
sou deur die versies kon galop.
Tong-in-die-kies-agt-klop-ritme
Is mos die vastrap wat hy klop.

Nou tel ek op my vingers af,
Een, twee, drie, vier en nog 'n vier
want die Quaturn van my het mos
Tong-in-die-kies-agt-klop-ritme

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

 :hello2:  Pragtig Naas.  Die vereistes sê wel dat ritme nie 'n vereiste is nie, maar joune wip te heerlik. 

Jy laat my nou skaam kry dat ek nog nie eers een probeer het nie.  Hou daar ek is nou daar.   :angel4:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Plek geboek vir joue PM  :hello2: Naas, ek lief lief lief hierdie ritmiese ene. Kan dit oor en oor lees  :love7: :icon_salut: :book1:

Naas

Ta Raaitjie, het outop darem die kerslig in jou ogies waardeer toe jy sterre vir hom voorlees?  :love7:




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

 :sign10: al te veel, al te veel Naas.  :notworthy:

Angelica

Naas... :icon_salut:

(Nou nie dat ek veel van die dinge weet, ek is te lui   :sleepy1: om te leer. Julle moet my maar oorsien as dit kom by strukture en dinge, Ella laat loop sommer net met woorde in lyne onnermekaar tot daar waar sy klaar gese het.)
elle

PM

Is reg Ella, solank jy gelukkig is maak dit ons ook gelukkig.  Ons is nog lief vir jou.  Gelukkig pik ons so nou en dan 'n gediggie van jou op wat ons sommer self "struktuur" en dan gaan dit boek toe. 

My gedig se naam is Destiny omdat ek aan baie Afrikaanse weergawes van die woord gedink het, dit rondgerol het en tot die gevolgtrekking gekom het dat daar nie 'n woord is wat "Destiny" beter beskryf nie.  As iemand 'n beter woord kry, kom deel dit asseblief met my.

Destiny

As die Weer nou net sal saamspeel
kan ek en jy rivier toe gaan
om daar te swem en vis te vang
en aan mekaar se woorde hang

tot die aandster haar ogies knip.
As die Weer nou net sal saamspeel
en die volmaan loer oor die rant
kan ek en jy 'n vuur maak brand.

Jy kan knus by my voete sit
met jou kop snoesig op my skoot
- as die Weer nou net sal saamspeel -
kan ek my liefde daar verklaar,

dan vleg ek vir jou 'n mooi kroon
met takkies van die wilgerboom
ons sweer dan trou om een te wees
- as die Weer nou net sal saamspeel -
Om te weet is om te verstaan.