Author Topic: Meeste op forum. . .  (Read 3589 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Meeste op forum. . .
« on: July 25, 2013, 06:59:26 AM »
Heel onder is die statistieke van hoeveel persone op 'n dag by die forum kom kuier het.  Ek onthou nog toe ons by Woeste Woes was, hoe ons daardie syfers dopgehou het.  Ons trek darem al by 33.  Eendag is eendag dan gaan ons dit oorskry. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Meeste op forum. . .
« Reply #1 on: September 20, 2021, 02:25:59 AM »
 :`ip2: Most Online Today: 31. Most Online Ever: 474 (November 19, 2019, 11:00:02 AM)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Meeste op forum. . .
« Reply #2 on: September 20, 2021, 11:29:03 AM »
Dit is verstommend nê!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Arina

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 9
Re: Meeste op forum. . .
« Reply #3 on: November 17, 2021, 05:45:19 PM »
Ek was ook een van daai statistieke.  Het jare hier gekuier sonder om 'n woord te sprek of te sprou.
'n Mens kry verskillende mense.  Dit vat 'n baie spesiale persoon om lid te wees van 'n forum en elke dag deel te neem.  Natuurlik is julle almal (hier op die forum) spesiale mense en ek wat net gereeld hier kom inloer het, kan getuig daarvan.
Daar is baie mense wat verkies om net te lees sonder om kommentaar te lewer.  Dit maak nie van my 'n slegter mens nie. 
Ek het dikwels deur die jare gelees dat Naas verkies om liewers stil te bly.  Natuurlik was sy motifering heel anders as myne, maar ek wonder of ons aan die einde van die dag nie maar net dieselfde is nie?  Skuus as ek op jou tone trap Naas, dit is nie my bedoeling nie. 
Ek het besluit om my bek hier te kom rek.  Ek weet vir 'n feit dat die persoon wat die meeste deelname op die forum het PM is.
Sy was net altyd dankbaar en het nooit die geleentheid om julle te bedank laat verbygaan nie.  Ek wonder maar net wat het nou verkeerd geloop dat julle haar nou op die ysberg sit.  ???  Hoe nou?

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Meeste op forum. . .
« Reply #4 on: November 17, 2021, 07:48:09 PM »
Arina, jy spring sommer na nege jaar se stilswye in met swaaiende appels.
Ek sit niemand op die ysberg nie. As jy gereeld hier gelees het sou jy sien dat ek al maande terug gewaarsku het dat die forum nêrens heen gaan nie omdat deelnemende lede te min is.
Vier mense kan net so lank speel dan raak die speelgoed op. Die laaste paar maande het ek male sonder tal probeer om gesprekke aan die gang te kry. Self met myself gepraat as ander vir dae lank nie deelneem nie om te probeer om die besoekers en mense soos jy in te trek.
DIT HET NIE GEWERK NIE. Ek is nou moeg.
En ek wil jou sommer bedank vir die houding waarmee jy na nege jaar jou lyf rondgooi. Dit was nie hoe ek die forum ervaar het nie en dit het my nou finaal laat besluit dat ek nou die forum ontgroei het.
PM, Antjie Patat en Ta Raaitjie. Julle was vir my by tye die beste ondersteuning wat ek voor kon vra en ons het wonderlike afrikaans saam gedeel.
Ek weet nie met watter politiek Arina nou besig is nie maar wil geen deel verder daaraan hê nie.
Hiermee sluit ek en Asiie dus ons verblyf op die Afrikaanse forum finaal af.
Dis vir my baie hartseer maar genoeg is genoeg.
Totsiens.


 :icon_bigsmurf:
 :mumum:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Arina

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 9
Re: Meeste op forum. . .
« Reply #5 on: November 18, 2021, 09:44:26 AM »
Ag hoe dramaties!  Dit lyk vir my of jy al maande lank besig is om 'n verskoning te soek om te loop.
Hoekom loop?  As jy nie wil deelneem nie kan jy mos stilbly.  Hoekom so dramaties soos 'n klein seuntjie wat 'n tantrum gooi?

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Meeste op forum. . .
« Reply #6 on: November 18, 2021, 09:37:23 PM »
Wat 'n hartseer bladsy lees ek hier raak. Arina, ek kan jou nie onthou nie, skuus daarvoor. Maar Naas, liewe Naas en Assie, julle kan eerlikwaar nie wegloop nie. Dit sal voel soos beurtkrag sonder julle.
Ek het 'n tyd en tye gelede weke lank die enigste plasings hier gemaak met amper geen kommentaar nie, maar dit pla my nie. Ek het iets gehad om te sê en dalk het buitestaanders dit gelees. Jammer as dit julle hier dalk gepla het.

twee weke gelede het Raaitjie my gevra om weer te kom inloer, na ek ook weer stilgeraak het. Ek was 'n rukkie lank uit aksie, weens sein en kragprobleme. En nou 2 weke lank aan't herstel na skielike hospitalisasie, maar nou kan ek weer saam kom koffie, al is dit ook net af en toe, soos elkeen van ons. Dankie Raaitjie, PM, Naas, Assie, Antjie Patat, soms is Anton en ander ook weer hier .... maar die lekker om te weet hier is altyd iemand, selfs onbekend, maar dis lekker.
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Meeste op forum. . .
« Reply #7 on: November 19, 2021, 09:51:52 AM »
Nog nooit nie het dit gepla nie Adele.  Ek waardeer jou inset. 
Na my beroerte was ek om en dom vir 'n lang ruk.  Stadig maar seker het ek herstel.  Nog nie heeltemal nie, maar ek kan weer normaal funksioneer. 
Dankie dat jy nog hier is.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Meeste op forum. . .
« Reply #8 on: November 20, 2021, 09:29:06 PM »
Halo julle.
Ek is nog hier, net n moeilike week weg en die naweek vlieg ook vreeslik vinnig verby.
Ek kom, net stadig.....  :wave:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Meeste op forum. . .
« Reply #9 on: November 21, 2021, 04:26:44 AM »
 :wave:  Hi Antjie Patat.  Dit het hier ook maar dol gegaan met Hannes in die hospitaal moet ek maar self die dak se herstelwerk monitor.  Jy weet dan, elke dag moet daar nog iets bygekoop word.
Gelukkig is dit vandag Sondag. As alles volgens plan verloop kom Hannes later vandag huistoe.   :hello2:


Ons was laas met sy vorige episode, toe ons in Richardsbaai gekuier het, "van mekaar geskei".  Hy was daar in die Netcare hospitaal. 


'n Mens besef eers weer, wanneer ons nie bymekaar is nie, hoeveel ons op mekaar steun.  Die huis is leeg sonder hom. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Meeste op forum. . .
« Reply #10 on: November 23, 2021, 09:41:39 PM »
Halo halo, kom vlieg ek gou in.
Hoe gaan dit PM? Het alles toe goed afgeloop?
Ek is by die werk met uiters uitdagende dinge aan die gang.  En by die huis gekom, moet ek my tweede werk opvat.
Lekker kuier kom nou ongelukkig veel later.
xxx

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Meeste op forum. . .
« Reply #11 on: November 24, 2021, 05:07:13 AM »
Dankie vir die belangstelling Antjie.  Dit het uitstekend gegaan.  Hannes stap al die wêreld vol.  Hy stort en skeer op sy eie. 
Ek het nooit gedink dat ek enigsins 'n voordeel in "sonder 'n kolon" kon sien nie.  Daar is tog wel een.  Hannes moet gereeld die toilet besoek.  Dus word hy so te sê gedwing om te stap. 
Ek het hier langs sy bed in 'n lazy boy gesit en slaap.  Toe besluit ek gister dit is sommer net te ongerieflik en ek sleep 'n enkelbedjie in.  Ek het darem gisteraand 'n kat uit 'n boom uit geslaap.  Vir die eerste keer was Hannes ook rustig.
Om te weet is om te verstaan.