• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Langkloof Padkos

Started by Naas, June 01, 2011, 09:45:39 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Naas

'n Gediggie wat Assie nog geskryf het en my na aan die hart leg.

Langkloof Padkos

Bergvoetplooie soos groen karos
se liefkosing wat my omvou
en my vertroetel in die nou.
wil my vaster hou en nooit laat los.

Langs waterstroompies onder loof
rus my siel in gras omring
waar geveerdes vrolik sing,
stilte stadsgeraas uit gedagtes doof.

In die Langkloof het my hart verdwaal
agter steenbok in die klowe aan
tussen skerpioen en bobbejaan
het die kloof se wekroep my kom haal.

Hier is ek tevree
Kan ek leef
Kan ek wees
Rustig en gedwee

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Trapsoetjie

 :toothy4: Dit mooi. Jy Assie kan altyd so mooi skryf.

:angel12:

PM

Dit is nogal 'n skel wekroep daardie.  Ek wil bosveld toe!  Maar eers Kaap toe, by die langkloof verby! 

Ag ek wou nog sê...  Assie se titel is pragtig. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

heerlike lekkerlees gedig en onthoue van die langklooflewe wat sy met ons gedeel het.

:grommit:

adéle  :grommit:

Naas

Dankie Adele. Sy het dit geniet om ongedeerd te skrywe.

PM jy is reg. Julle het net Assie se verkeerde kant gesien maar sy het mooi titels gehad.  :angel3:



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Eintlik het ek vir Assie totaal misgeloop.  Sy het haar verskyning gemaak in ons "donker dae" toe die dood se septer oor ons kop gehang het.  Dit sal gaaf wees as jy nog 'n paar van Assie se "mooikant" wil kom wys. 
Om te weet is om te verstaan.

PM

Lag ek nou eers vir Assie se mooi titels.  Soms is ek op Uranus, my eie planeet.   :icon_biggrin:  Ek het na iets kom soek, toe lees ek dit raak.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Langkloof IS padkos.
Kan 'n laaaang uitgestrekte stuk pad wees as jy al moeg gery is.
elle

PM

Ek het altyd gewonder waar kry mense die tyd om grappies uit te dink.  Dit gebeur as jy deur die Langkloof ry.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

..of in die Brederiviervallei..
elle