Author Topic: Kom ons praat ASYN  (Read 11447 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Kom ons praat ASYN
« on: July 22, 2013, 10:08:17 AM »
Daar is soveel gebruike vir asyn, kom deel jou kennis en wenke asb.

Kom ons praat ASYN   :toothy4:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat ASYN
« Reply #1 on: July 22, 2013, 11:23:01 AM »
Toe ons kinders was, het ons reenwater opgevang om ons hare mee te was en dan het ons dit met asyn afgespoel. 

Appelasyn haarspoelmiddel:
Meng een deel appelasyn en een deel water.
Nadat jy jou hare met haarwasmiddel gewas en afgespoel het:
Gooi die asynwater oor jou hare, vryf dit in jou kopvel in en terwyl jy jou lyfie was
kan dit 'n rukkie aanbly.  Spoel goed af.  Dit is nie nodig vir 'n versagmiddel nie.
Jy kan ook 'n handvol kruie in 'n potjie water plaas, bring tot kookpunt en verlaag die hitte, laat dit prut vir 'n halfuur, sif
en laat afkoel.  Die water kan dan, in plaas van suiwer water, met die asyn gemeng word.
Dit sal 'n heerlike geur aan die afspoelmiddel gee.   

Asyn kan ook gebruik word vir 'n velopkikker nadat die vel gewas is. (Toner)
Seep laat dikwels die vel "styf en droog" voel.
Die asyn reguleer die vel se ph-balans.

Appelasyn vir die vel:
Meng een deel asyn en twee dele water.
(Indien jy 'n sensitiewe vel het kan jy meer water gebruik.)

Die asyn vorm 'n lagie op 'n mens se vel en dit hou vogtigheid in.
Na 'n rukkie sal die asynreuk verdwyn. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Kom ons praat ASYN
« Reply #2 on: July 29, 2013, 10:09:07 AM »
Ek het al gehoor dat "apple cider vinegar" goed help as jy gewig wil verloor.  Maar ek gril net om aan die idee te dink om skoon asyn te sluk.


Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Kom ons praat ASYN
« Reply #3 on: July 29, 2013, 11:54:11 AM »
Dit help om slym los te maak en kan in 'n mengsel van water, peper en kruie soos mint en lavender gedrink word vir algemene gesondheid. (Apple cider vinegar)

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom ons praat ASYN
« Reply #4 on: October 09, 2015, 11:59:23 AM »
Loer ek agierig oor 'n gas se skouer en besluit om self bietjie te loer....

'n Paar druppels asyn by skoenpolitoer wat hard geword het, maak dit weer sag.

'n Verfkwas met harde hare kan 30 minute lank geprut word in kokende asyn en agterna gewas word met skottelgoedwasmiddel.

'n Bietjie asyn in die olie, verhoud dat vleis wat in krummels gerol is, gou vasbrand in die pan.

'n Lepel asyn in die water wanneer jy 'n eier posjeer keer dat die wit versprei.

'n Paar bakkies vol asyn in die vertrek keer ook dat die rook intrek in meubels.

Aanpaksels aan 'n ketel se element kan verwyder word deur te kook met asyn

Asyn en koeksoda maak vir 'n baie goeie bleikmiddel, ontsmettingsmiddel (disinfectant) en werk beter as Handy-Andy.

Asyn en sout aan vleis gesmeer, sal verhoed dat dit gou bederf en vleis sag te maak.

Asyn en warm water kan ontslae raak van 'n mierplaag.

Biervlekke kan uit 'n mat verwyder word deur dit met witasyn te vryf.

Citrus Soda en asyn maak 'n aangebrande pot sommer vinnig skoon!

Die vel van tong sal maklik aftrek indien daar asyn by die water waarin dit kook gegooi word.

Gebruik een deel asyn met twee dele lyn-olie in 'n spuitbottel. Skud goed en spuit en smeer en poleer aan soos meubelpolitoer.

Gooi 'n bietjie asyn en suiker by uie wat gesmoor word. Dit sal 'n lieflike ligbruin kleur en 'n aangename geur aan die uie verleen.

Gooi bietjie asyn by olie waarin vis gebraai word. Die vis absorbeer minder olie.

Gooi asyn by vleis om dit sag te maak.

Handdoeke wat hard uit die was kom - veral in brak water - word sag gemaak deur die handdoeke in warm water met seep en
ongeveer 'n handvol sout by (los die sout op in die water) gegooi is. Moet nie versagter gebruik nie. Spoel die seep goed uit.

Spoel weer maar gooi so 3 eetlepels wit asyn in die laaste uitspoelwater.

Hou jou wit klere wit deur dit in 5 liter water en 1 koppie asyn te week.
Indien jy hardnekkige watervlekke in 'n beker of houer het – Vul houer met asyn en laat staan 'n paar uur en verwyder dan met 'n skuursponsie.
(Asyn kan oor en oor gebruik word vir die doel)

Klein geroeste artikels kan 'n paar dae in asyn gelê word om die roes te verwyder.

Maak 'n ou kous klam met 25ml asyn en 20ml lou water en vryf spieëls blink daarmee.

Maak 'n pasta van asyn en koeksoda en vryf dit aan die kraag om sweetmerke te verwyder.

Maak jou stoof skoon met 'n mengsel van sout en asyn.

Maak juweliersware skoon deur dit oornag te week in 'n mengsel van koeksoda en asyn. Indien nodig, skrop liggies met 'n ou tandeborsel. Dit verwyder alle vuilighede sonder om die stene, goud of silver te beskadig.

Week pêrels slegs sowat 'n uur. Moenie pêrels oornag week nie.

Meng lou water met 'n handvol sout en 60ml asyn. Borsel matte met mengsel. Dit bring die kleur weer mooi na vore.

'n Teelepel bruinsuiker gedoop in asyn neem ook hik weg.

Neem houertjies en gooi asyn daarin, as dit kan, hoe sterker die asyn hoe beter [met ander woorde die persentasie asyn wat op
die bottle staan] plaas dit nou oral rond, in die somermaande plaas ek 'n bakkie voor die waaier en dit vul die vertrek totaal.

Dit verfris die vertrek en hou miskiete en vlieë weg.

Om glans terug te bring in kristalglase – gooi 'n paar druppels ammonia in die was water en spoel af in asyn water.

Om hoerdervleis sag en sappig te hou, gooi 'n koppie asyn oor voordat dit gaargemaak word.

Skrop muwwerige panne wat roes skoon met asyn en laat droog word in die son.

Smeer dadelik asyn aan brandwond – dit neem brand weg en keer blase.

Smeer 'n bietjie asyn op 'n bysteek nadat die angel afgekrap is – dit neem die brand weg.

Stop 'n skoon vloerlap in 'n plastiek groentesakkie en was jou matte daarmee. Verwyder kolle op 'n mat met 1 deel witasyn en
3 dele water. Wit asyn haal ook bloed en rooiwynvlekke uit matte uit.

Verwyder verfkolle op vensters met asyn.

Verwyder visreuk van eetgerei deur dit in asynwater af te spoel.

Voeg 'n bietjie asyn by pannekoekdeeg om te verhoed dat dit taai word.

Voeg asyn by uitspoelwater van gordyne. Dit sal verhinder dat stof maklik aan gordyne vaskleef.

Voeg bietjie asyn by die water as jy eiers kook. Dit keer dat die eiers bars.

Voeg twee eetlepels asyn by die water vir silwerskoon vensters.

Voordat 'n nuwe pan gebruik word, kook 'n bietjie skoon asyn vir 'n paar minute daarin. Sal ook voorkom dat vasbrand.

Vryf Koperware blink met sout en asynmengsel.

Vuil mikrogolf oond - Verhit 'n 125ml asyn in die mikrogolf (nie nodig om te kook nie). Die asyn maak al die vetterigheid los.

Vee mikrogolf met sagte lap uit.

Vul met helfte wit asyn en helfte water. Stoom die strykyster tot die tenk skoon is. Hervul met skoon water en stoom weer die
tenk leeg.

Vul nuwe ketel met helfte wit asyn en helfte water. Kook en laat oornag staan. Spoel die volgende dag uit met skoon water.

Dit voorkom verkalking.

Bron: https://www.facebook.com/RadioVryheid/posts/587065427971552

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat ASYN
« Reply #5 on: October 12, 2015, 11:51:35 AM »
Dankie vir 'n pragtige bydrae Raaitjie.
Om te weet is om te verstaan.