Author Topic: Oom Penny...  (Read 2972 times)

0 Members and 3 Guests are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Oom Penny...
« on: July 20, 2013, 02:08:03 PM »
Oom Penny is ‘n Italianer wat nooit nie gelag het nie.  Kort, stewig, met ‘n sigaret in die hand.  Ook ‘n koerant, want daar word elke naweek ‘perde gespeel’.  Maar ons het nooit gehoor hoeveel Oom Penny verloor of gewen het nie.  Net altyd so ‘n laggie gegee.  Nooit geantwoord.  En om ‘n tip vir die July of die Med te kry by Oom Penny was soos om wors in ‘n hondehok te soek.  Of as ons wel ‘n tip gekry het, hardloop daardie perdjies nou nog. 
Oom Penny se vyebome het die meeste vye gedra wat ek al gesien het.  En die paar hoenders wat agter in die erf geloop het, was hy trots op, want hulle het sulke groot bruin eiers gelê.
Tannie Lettie het in die laaste paar maande gedurig gesoek vir ‘n boereraat vir Oom Penny se seer of ongemaklike maag.  En as hy daardie lekker kos van Tannie Lettie eet, het hy daardie nag nooit geslaap.  Maar, Tannie Lettie, Oom Penny moet Dokter toe gaan.  Nee wat, seg hy, as ek ‘n paar pynpille gedrink het, dan is ek weer reg.  Tannie Lettie hou nooit op skakel en rondvra en soek op die internet vir ‘n boereraat vir hierdie ‘maag’ van Oom Penny.
Tot verlede week Dinsdag toe hy sy pyn nie meer alleen kon hanteer.  Binne ure was Oom Penny op die operasietafel en daarna in ICU.  Hy het nooit weer wakker geword.  Die man wat altyd gelag het, se lag het opgedroog en hy het oorgegee.  Oom Penny is Woensdag oorlede en sy verassingsdiens is net ‘n week later as sy dogter s’n – Saterdag 20 Julie 2013.
Hoe sal ons weet hoe dit moet voel om jou oudste dogter en man binne een week te verloor?
Hoe troos ons as familie die wat sulke naby geliefdes verloor?   Hoe? 

elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Re: Oom Penny...
« Reply #1 on: July 22, 2013, 01:30:40 PM »
Daar is nie troos nie, 'n mens kan net daar wees.  Hierdie hartseer neem tyd om te bedaar.  Na drie jaar gaan dit gewoonlik 'n bietjie beter.  Die gemis sal altyd daar wees.  Jammer Els, om van julle verlies te hoor.  Hier is 'n drukkie vir julle almal. 
Om te weet is om te verstaan.