• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Tetactrys Struktuur

Started by Naas, June 01, 2011, 09:38:18 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Die Tetactrys gedig is geskep deur Ray Stebbing en is 'n vyf reël, altesaam 20 lettergrepige, gestruktueerde gedig-vorm. Die riglyne is eenvoudig:

Reël 1 ('n Woord met slegs een lettergreep.)

Reël 2 ('n Woord met twee lettergrepe of twee woorde met een lettergreep elk.)

Reël 3 (Drie-lettergrepige woord / of drie woorde met enkel lettergrepe.)

Reël 4 (Vier-lettergrepige woord / vier woorde met enkel lettergrepe.)

Reël 5 (Tien lettergrepe wat die gedagtes/woorde saamvat in een sin en die gedig op te som.)

Agter Skanse

Skuil
agter
bleek skanse
Verberg ons angs
Eensaam selfs tussen 'n skaar van mense

© Meraai vannie baai

Agter Skanse 2 (Dubbele Tetractys)

Skuil
agter
bleek skanse
Verberg ons angs ...
Eensaam selfs tussen 'n skaar van mense

Volg die skadu van jou menswees skugter
Kom die donker ...
brand jou lig
heelnag
deur

© Meraai vannie baai

Lugfondasies

Sterk
graniet
fondasies
die ondersteun
my lugkastele, drome soos ek groei

Groei ek soos drome, lugkastele my
Ondersteun, die
fondasies
graniet
sterk

DIE KRINGLOOP Tetractys, waar die gedig van bo na onder en van onder na bo dieselfde lees.
© Naas Breytenbach


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Dankie Naas,  ek sal gaan probeer!  Weet net nie of ek al in die rondte sal kan loop nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

PM

#2
Oupa

Grys
bebaard
pyp in mond
lewensgekrom
sien jou nog daar sit in jou oupastoel

Dink jy ook soms nog verlangend aan my
met 'n laggie
in jou hart
... stoute
kind
Om te weet is om te verstaan.

PM

en hier is sommer nog een vir die "sport"

Geluk

Geld
skatte
juwele
dis niks werd nie
Geluk is wat ek in jou liefde vind
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

 :hello:

Dit is so pragtig en het my nou gemotiveer om ook te probeer.

Bakermat:

Ek
ontkiem
omstrengel
generatief
tot lelie in die knus van jou ma-lyf.

Meraai vannie Baai

#5
Pragtige voorbeeld Fransi.  :notworthy: :love7: Ek het vir jou lyntjie op die poskoets gegooi nooi. Jy het hierdie struktuur volmaak  :love7:

Fransi

 :hello:

Dankie Meraai. :-)

en dankie vir julle almal wat hierdie interessante digstrukture met ons almal deel. Ek waardeer dit baie en dit is so lekker om dit te kan probeer.

Meraai vannie Baai

By die ou forum het ons letterlik vir jare hierdie strukture plesier ervaar en gedeel mater. As 'n mens eers jou hand begin waag aan dit, raak dit verslawend en elke een word 'n uitdaging  :toothy4:

PM

'n Pragtige voorbeeld Fransi.   :hello2: 
Na hierdie "bondel" van ons klaar is,  begin ons werk aan die volgende een.  Dit gaan soveel pret wees. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

waar
reenbui
drupsgewys
skitter-skater
vind juigend die velde vol graspolle

verlustig in die reenboogbelofte
rotslikkewaan
klipdassies
spreeu en
duif

:grommit:
adéle  :grommit:

PM

en werklikwaar, na ses maande kom die reën en dit benat ons aarde en bring nuwe groei en die takke bars uit in nuwe groenblaar en ek buig my hoof in dankbaarheid, dankie, dankie vir groot genade. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

AMEN!! Lieflike tetactrys Adele!

PM

Hierdie struktuur en al die voorbeelde hier is nou in die boek.  Adéle, wil jy graag vir jou gedig 'n naam gee? 
Om te weet is om te verstaan.

adele

niks waaraan ek dink, dra by tot die beste hiervan nie ...  laat ek bietjie dink,   :dontknow:   dankie hoor.
ek onthou die droogte en elke gedierte hierin is deel van my omgewing hier by die reservaat. verlede week het ons begin saambid vir reen hierso, sommige oeste inni Vrystaat is reeds vir veevoer bestem ... en van laasnag af, reen dit wyd sag.

:grommit: 
adéle  :grommit:

PM

 :hello2: Wonderlik!  Dankie vir die reën!  :notworthy:
In jou woorde lees ek:  Na die droogte. 
Dink maar maatjie, daar is nog tyd. 
Om te weet is om te verstaan.