Author Topic: Tetactrys Struktuur  (Read 15024 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Tetactrys Struktuur
« on: June 01, 2011, 08:38:18 AM »
Die Tetactrys gedig is geskep deur Ray Stebbing en is 'n vyf reël, altesaam 20 lettergrepige, gestruktueerde gedig-vorm. Die riglyne is eenvoudig:

Reël 1 ('n Woord met slegs een lettergreep.)

Reël 2 ('n Woord met twee lettergrepe of twee woorde met een lettergreep elk.)

Reël 3 (Drie-lettergrepige woord / of drie woorde met enkel lettergrepe.)

Reël 4 (Vier-lettergrepige woord / vier woorde met enkel lettergrepe.)

Reël 5 (Tien lettergrepe wat die gedagtes/woorde saamvat in een sin en die gedig op te som.)

Agter Skanse

Skuil
agter
bleek skanse
Verberg ons angs
Eensaam selfs tussen 'n skaar van mense

© Meraai vannie baai

Agter Skanse 2 (Dubbele Tetractys)

Skuil
agter
bleek skanse
Verberg ons angs ...
Eensaam selfs tussen 'n skaar van mense

Volg die skadu van jou menswees skugter
Kom die donker ...
brand jou lig
heelnag
deur

© Meraai vannie baai

Lugfondasies

Sterk
graniet
fondasies
die ondersteun
my lugkastele, drome soos ek groei

Groei ek soos drome, lugkastele my
Ondersteun, die
fondasies
graniet
sterk

DIE KRINGLOOP Tetractys, waar die gedig van bo na onder en van onder na bo dieselfde lees.
© Naas Breytenbach


 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: June 01, 2011, 08:40:05 AM by Naas »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tetactrys Struktuur
« Reply #1 on: June 01, 2011, 09:24:25 AM »
Dankie Naas,  ek sal gaan probeer!  Weet net nie of ek al in die rondte sal kan loop nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tetactrys Struktuur
« Reply #2 on: June 01, 2011, 10:02:21 AM »
Oupa

Grys
bebaard
pyp in mond
lewensgekrom
sien jou nog daar sit in jou oupastoel

Dink jy ook soms nog verlangend aan my
met 'n laggie
in jou hart
... stoute
kind
« Last Edit: June 01, 2011, 10:11:49 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tetactrys Struktuur
« Reply #3 on: June 01, 2011, 10:27:49 AM »
en hier is sommer nog een vir die "sport"

Geluk

Geld
skatte
juwele
dis niks werd nie
Geluk is wat ek in jou liefde vind
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Tetactrys Struktuur
« Reply #4 on: August 06, 2011, 08:26:18 AM »
 :hello:

Dit is so pragtig en het my nou gemotiveer om ook te probeer.

Bakermat:

Ek
ontkiem
omstrengel
generatief
tot lelie in die knus van jou ma-lyf.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Tetactrys Struktuur
« Reply #5 on: August 06, 2011, 09:07:40 AM »
Pragtige voorbeeld Fransi.  :notworthy: :love7: Ek het vir jou lyntjie op die poskoets gegooi nooi. Jy het hierdie struktuur volmaak  :love7:
« Last Edit: August 06, 2011, 09:11:49 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Tetactrys Struktuur
« Reply #6 on: August 06, 2011, 09:12:23 AM »
 :hello:

Dankie Meraai. :-)

en dankie vir julle almal wat hierdie interessante digstrukture met ons almal deel. Ek waardeer dit baie en dit is so lekker om dit te kan probeer.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Tetactrys Struktuur
« Reply #7 on: August 06, 2011, 09:13:49 AM »
By die ou forum het ons letterlik vir jare hierdie strukture plesier ervaar en gedeel mater. As 'n mens eers jou hand begin waag aan dit, raak dit verslawend en elke een word 'n uitdaging  :toothy4:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tetactrys Struktuur
« Reply #8 on: August 09, 2011, 11:22:34 AM »
'n Pragtige voorbeeld Fransi.   :hello2: 
Na hierdie "bondel" van ons klaar is,  begin ons werk aan die volgende een.  Dit gaan soveel pret wees. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Tetactrys Struktuur
« Reply #9 on: February 15, 2012, 09:43:28 PM »
waar
reenbui
drupsgewys
skitter-skater
vind juigend die velde vol graspolle

verlustig in die reenboogbelofte
rotslikkewaan
klipdassies
spreeu en
duif

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tetactrys Struktuur
« Reply #10 on: February 15, 2012, 10:56:27 PM »
en werklikwaar, na ses maande kom die reën en dit benat ons aarde en bring nuwe groei en die takke bars uit in nuwe groenblaar en ek buig my hoof in dankbaarheid, dankie, dankie vir groot genade. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Tetactrys Struktuur
« Reply #11 on: February 16, 2012, 12:09:23 AM »
AMEN!! Lieflike tetactrys Adele!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tetactrys Struktuur
« Reply #12 on: March 27, 2013, 04:05:47 PM »
Hierdie struktuur en al die voorbeelde hier is nou in die boek.  Adéle, wil jy graag vir jou gedig 'n naam gee? 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Tetactrys Struktuur
« Reply #13 on: March 27, 2013, 04:31:02 PM »
niks waaraan ek dink, dra by tot die beste hiervan nie ...  laat ek bietjie dink,   :dontknow:   dankie hoor.
ek onthou die droogte en elke gedierte hierin is deel van my omgewing hier by die reservaat. verlede week het ons begin saambid vir reen hierso, sommige oeste inni Vrystaat is reeds vir veevoer bestem ... en van laasnag af, reen dit wyd sag.

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tetactrys Struktuur
« Reply #14 on: March 28, 2013, 10:41:55 AM »
 :hello2: Wonderlik!  Dankie vir die reën!  :notworthy:
In jou woorde lees ek:  Na die droogte. 
Dink maar maatjie, daar is nog tyd. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Tetactrys Struktuur
« Reply #15 on: March 28, 2013, 11:03:39 AM »
  Na die droogte. 

dit kan werk ... of
"belofte na droogte" of net 'reenboogbelofte'
sal leestekens byvoeg wanneer ek weer by 'n sleutelbord kom...  :love7: 

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tetactrys Struktuur
« Reply #16 on: March 28, 2013, 01:14:26 PM »
Dankie matertjie. 

 :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Tetactrys Struktuur
« Reply #17 on: January 15, 2018, 12:19:32 AM »
   12:04:23 AM   Viewing the topic Friends.
Guest   12:04:07 AM   Viewing the topic Tetactrys Struktuur.

Kom gesels saam - of kom wys  :hello: :toothy4: :book1: