• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Boemelares

Started by Ans Botha, July 18, 2013, 06:51:54 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ans Botha

Boemelares

eens was jy ‘n bekwame suster
het jy siek mense verpleeg
trane vertroostend van hul wang gevee
saam langs hul bed gebid vir genesing

saam met jou man het jy in teaters
lewens gered onder die lem
het jy met nodige kennis
die regte gereedskap aangegee

met noukeurigheid het jy medikasie verskaf
aan elke siekeling op jou vloer
simpatie uitgedeel met oorleg
saam gehuil as jou pasiënt moes gaan

moeg vanaand het jul saam gaan slaap
eers saam gekoukus oor vandag se gebeure
‘n kort slapie ingewerk
want slaap vir jul was maar min

in hospitaal het jul as ‘n span saamgewerk
saam geopereer, mense se lewens gered
gebid wanneer alles so hopeloos was
mekaar se hande vasgehou om moed in te praat

vandag sit jy hier op die sypaadjie
vuil met hare wat weke laas gekam is
gaan jou handjie bewend van te veel drank
uit in ‘n bedelaars posisie

hoe het jy hier opgeeindig suster
een van die bestes in ons land
sit op straat en bedel, slaap onder sakke
en eet uit aalmoeshand

Fransi


PM

Mooi geskryf Ansie.   :icon_salut:

Ek sou "aalmoeshand" een woord skryf. 
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Mmm dankie PM lyk reg so vir my ook.

Ans Botha


Rainier

Dis bitter hartseer, mooi opgesom in die laaste deel van die gedig, soveel verskillende redes vir mense om net op te gee,dis tragies. Asof sy later net moeg geraak het, uitgebrand. Dankie, was baie mooi.

Ans Botha

Dankie Rainier. Ja hartseer storie sy is net een oggend dood aangetref onder haar bokse. Die welsyn het haar gestuur vir behandeling en vir haar 'n werk in die ouetehuis gekry met blyplek en kos. Sy het net twee weke gewerk toe is sy weer op straat. Staatsbegrafenis gehad terwyl haar broer en gewese man albei dokters is.

Rainier

Arme vrou, dis vreeslik hartseer wat met haar aan die einde gebeur het, ai man.
Jou gedig bring hulde aan 'n mens en haar eertydse weldade wat andersin net vergete sou wees.