Author Topic: Seriously nou... geel jeans?  (Read 5204 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Seriously nou... geel jeans?
« on: July 14, 2013, 07:32:38 PM »

Seriously,  geel jeans?  En groenes en oranjes en ligbloues?
Ek vra die dame of dit ooit verkoop het, want die winkels hang tot oorlopens toe vol van die Lente kleure.  Dis soos ‘n plaat blomme in Namakwaland.  Ja, seg sy, noudat ons ‘n Sale aanhet, het dit soos soetkoek verkoop.  Serious?
Dis mos net skinny mense wat die kleurvolles dra, nie ons kortgatte met die dekadente lyfies nie.   Jy steek mos weg in swart, dan nie?  En ek soek ‘n langer baadjie, asseblief.  Nie een wat oor die breedste deel van my anatomie die horisontale lyn uitskreeu nie.  Nee, mevrou, hoofkantoor het besluit dat ons vir ‘n meer jonger groep moet cater.  Nou toe nou.  Een van die dae kry ons ouer spul niks om te dra nie.  Ek sal daai naaimasjien moet afstof.  Ek dra nie geel jeans nie.  Lyk of jy by die straatstalletjie in die borrie geval het. 

©Elsabe
 
elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Seriously nou... geel jeans?
« Reply #1 on: July 15, 2013, 01:20:52 AM »
Net die gedagte aan my 'dekadente' (lief jou stelling) gestalte in borrie geklee laat my giggel Angelica  :icon_biggrin:
Baie dankbaar vir die stikkertjie hier agter my. En sonder lieg, die stoffer le reg langs hom!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Seriously nou... geel jeans?
« Reply #2 on: July 15, 2013, 03:56:14 PM »
 :icon_biggrin: Ek sien jou al!  Watter kleur skoene sal 'n mens nou daarby dra? 
Wat my aanbetref kry 'n mens lank nie meer gepasde klere vir ouer dames nie. 
Gaan jy dan na 'n winkel vir "'n mollige meisie"
dan is dit weer heeltemaal aan die oumens kant en jy betaal dat dit bars. 
My dae van "stik" is verby.  My masjiene het versuip en ek sal dit nie weer vervang nie. 
Het julle gesien wat is die goed se prys?  Iets vreesliks.
Om te weet is om te verstaan.