Author Topic: Ellips  (Read 13413 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Ellips
« on: July 14, 2013, 10:34:36 AM »
Die ellips of drie kolletjies word so aaangewend:
Wanneer 'n sin of 'n woord in die middel van 'n sin uitgelaat word, spasie, kolletjie, spasie, kolletjie, spasie, kolletjie, spasie. 
"Ek het jou mos gewaarsku . . . nou moet jy maar die gelag betaal."
Aan die einde van 'n sin:
Teen aan die laaste letter. . .   (geen spasie nie)
Daar kom nie 'n vierde punt na die ellips om die einde van die sin aan te toon nie.
Na die ellips kan 'n vraagteken of 'n uitroepteken staan. . .!

Wie kan vir my sê of die ellips ook in Engels so aangewend word?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Ellips
« Reply #1 on: July 14, 2013, 07:14:50 PM »
Hey... dis myne daai!!
Ek het die ellips nog nooit in Engelse skrywes gesien.    :icon_study:   :dontknow:

elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ellips
« Reply #2 on: July 15, 2013, 01:41:13 AM »
Ek sal dit presies aanhaal soos wat dit hier in die boeke voor my is PM.

*Geneem uit: The Davinci Code
'You're telling me all of these historians actually believe . . .'

An audience member has just handed me a far more, shall we say . . . intriguing introduction.

*En uit Song of Eve (lyrical allegory) 'n pragtige voorbeeld ook van die ' en " gebruik, plus die ellips wat volg direk na die naam:
"So God said to Noah. . . 'Make yourself an ark of cypress wood; make rooms in it and coat it with pitch inside and out' " (Genesis 6.13, 14).

"Forsake you sins . . ."

"You are better at such things than I, my mother. Would you . . . ?" he faltered uncomfortably.

*Uit Dorethea Mackellar se gedig:
Over the thirsty paddocks,
watch, after many days,
the filmy veil of greenness
that thickens as we gaze . . .
« Last Edit: July 15, 2013, 10:54:37 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ellips
« Reply #3 on: July 15, 2013, 03:38:13 PM »
Baie dankie Raaitjie, nou is ek seker dit werk dieselfde.   :hello2:   :love7:

 :angel4:  Hey . . . joune is verkeerd!  Ek het net nooit ag daarop geslaan nie en die boek was al amper klaar geproeflees toe dit my aandag trek.  Nodeloos om te sê, ek moes voor begin en alles regmaak.   :icon_scratch:

Raaitjie, ek het dit ook in Adéle se werk opgetel.  
Ou domkop het nie haar boeke ingepak nie! Daleen Muller (met twee dotjies op die u) se boek dui dit baie mooi aan.  "Skryf Afrikaans van A-Z"
Soms vergeet ek.  Dit is soos Naas seg: "Altzheimers Light".   :evil6:
« Last Edit: July 15, 2013, 03:44:19 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.