• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Brandertjie

Started by Naas, June 01, 2011, 09:29:31 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Jou gryskop hare sproeiend in die wind
terwyl jy onkeerbaar oor die water kom,
huppel jy baldadig soos 'n kind
En breek dreunend met die slag van 'n trom.

Uit niks word jy gebore,
deur niks laat jy jou bind.
So stoomroller jy na vore
Jou gryskop hare sproeiend in die wind.

Ek wag en hou my asem op.
Jy raas maar ek staan stom,
wagtend vir jou om my om te dop
terwyl jy onkeerbaar oor die water kom,

Jy weet jy is vir my te veel,
Jou sagte water is my goedgesind.
Omdat jy weet dat ek wil speel
huppel jy baldadig soos 'n kind.

As jou skuim spattend oor my blom
huppel jy baldadig soos 'n kind,
terwyl jy onkeerbaar oor die water kom,
sproei jou gryskop hare in die wind.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Trapsoetjie

Dis wragtig pragtig.

Jou woorde laat my sien, al is dit so koud vandag, wil ek saam met jou in die son baljaar, en my soos 'n kind gedra.

:angel12:

PM

Dit is pragtig Naas.  Lyk vir my na die Tru-vers?   

Ek is mal oor   Jou gryskop hare sproeiend in die wind
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Dit is so mooi ek wil dit oor en oor vir myself voorlees!!  Boektoe-gehalte skryfwerk hierdie Naas  :book1: :notworthy: