Author Topic: Ken jy 'n 'Smiley'?  (Read 19439 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Ken jy 'n 'Smiley'?
« on: July 09, 2013, 06:47:20 PM »
Liewe aarde, julle, sien ek weer vandag in Die Burger se bylae hoe die mense wegle !! aan Smileys.
Lekker oondgebakte skaapkoppe met daai bolronde oge wat vir jou le en kyk daar uit die oond.  Ingevalle wange en teruggetrekte lippe soos... wel... 'n gebakte skaapkop.  Jy sal aan die hoeveelheid tande wat vir jou smile kan sien of dit 'n ou ooi of 'Karoo Lam' is. 
Aardig.
Ek het in die hele tyd wat ons op die plaas was, nooit 'n gebakte smiley gesien nie.  Oppad huistoe vanmiddag wonder ek daaroor.  Hoekom het ek nog nie die dierasie gesien nie?  Omdat, besef ek later, die skaapkop altyd werkershuis toe gegaan het.  Dalk het hulle beurte gemaak om dit te kry.  Weet ook nie of hulle dit ooit in die as gesit het om te braai nie, miskien sommer saam met die ander afval gekook. 
Behoede en bewaar Ella van daardie konkoksie.
Eet julle afval?  Ek het dit slegs ge-eet as my Ma dit gemaak het met kerrie en klein aartappeltjies.  Sy het omtrent die hele afval vir Antjie gegee en net hier en daar 'n stukkie gebruik.  Meestal die pootjies en die wange...  :evil6: 
Maar daai wange het nooit op hul oorspronklike plek gesit aan die skedel van die skaap in die oond in my Ma se stoof nie. 
elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ken jy 'n 'Smiley'?
« Reply #1 on: July 09, 2013, 10:57:44 PM »
Op die plaas was daar gereeld afval gekook en nee, ekke kon dit skaars in die gesig kyk wat nog my lippe aan dit sit. Die ouens wat die lief, vrek daaroor. Ek was seker ek sal gedooi as ek dit probeer inkry - binnehou het ek geweet is onmoontlik!
 

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Ken jy 'n 'Smiley'?
« Reply #2 on: July 10, 2013, 07:12:53 AM »
Eenkeer in my lewe het ek die skaapkop-ding gedoen. Nie weer nie. Ek hou wel van lewer. :-)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ken jy 'n 'Smiley'?
« Reply #3 on: July 10, 2013, 07:51:30 AM »
Ek dink ek was in standerd 6 (vandag graad 8) toe ons by 'n tannie gaan kuier het wat afval gekook het.  Toe ek afkyk in my bord sien ek hierdie goed vir my lê en loer en ek was geweldig geskok en benoud.  As kinders sou ons dit nie waag om te sê jy eet nie iets nie.  Haar seun vra toe vir haar waar is die oë van die skaap en sy sê toe sy het dit vir my ingeskep om my 'n bietjie te bederf.   :icon_scratch:  Ek was nog nooit weer so verlig soos daardie middag nie.  Ek het dit met die grootste liefde aan hom afgestaan en nodeloos om te sê, van daardie dag af vir almal vertel ek eet nie afval nie.
Toe ek so 19 jaar oud was, gaan vier ons 'n oumatjie van 90 se verjaarsdag.  Daar is toe 'n kerriedis op die tafel en ek het weer en weer daarvan geneem.  My vriend het uit sy maag gelag en gevra of ek weet wat ek eet.  Natuurlik, van daardie dag af eet ek afval, maar net as ek dit self gaarmaak. 

AB kan vir ons 'n foto kom plaas van die laaste "skaapkopete" wat hy bygewoon het. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Re: Ken jy 'n 'Smiley'?
« Reply #4 on: July 10, 2013, 08:57:50 AM »
Oupa se hy verkies bo-bly bo afval.
Mensig, maar nou praat ons mos van watertand lekkerte. Hoekom sal ons nou gril vir daai kant van die skaap as die anderkant die bolletjies maak en ons eet te lekker aan die boude.
Vir die sensitiewe siele kan die ogies dalk snaaks lyk as hul so leweloos loer maar aai, daai lekker sagte skaapwangetjies... Dis mos kwyl-lekker! En die breintjie. onthou 'n skaap se brein is suiwer kragkos. Kaviaar van die plaas af. (Hy het dit mos in elk geval nie gebruik nie.)
En moenie 'n lekker gebakte varkkop weggooi nie. (Maar moenie varkie se breins eet nie want hulle het nie rein gedagtes gehad nie.)



 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Ken jy 'n 'Smiley'?
« Reply #5 on: July 10, 2013, 09:09:18 AM »
wel die oomblik het aangebreek - ek moet bieg dat ek gladnie skaap eet nie. nie lam nie, nie skaap nie. ek het afval ge-eet toe my ouma dit gemaak het. ek eet steeds hoender lewertjies, hartjies, magies maar het nog nie die drawwers probeer nie. ek eet springbok lewer, volstruis lewer maar nie bees nie. ek eet nie niertjies nie want dit smaak aaklig. ek sal seker as daar 'n gebakte varkkop op my tafel land, daarvan eet.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ken jy 'n 'Smiley'?
« Reply #6 on: July 10, 2013, 01:28:34 PM »
Onthou wat Assie sê van die vark se brein hoor!   :icon_biggrin:
Ek gek na biefstuk en niertjie in 'n heerlike pastei.  Jy moet net die regte hoeveelhede saam gebruik. 

Assie, jy laat my nou aan die oubaas dink wat vir sy vrou gesê het om vir die jongman 'n eier te bak omdat hy nie tong eet nie.
Ek lief tong ook, maar ek was nog nooi so braaf om 'n skaapoog te probeer nie.  Nie na daai dag nie!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Ken jy 'n 'Smiley'?
« Reply #7 on: July 10, 2013, 02:13:55 PM »
al die varke wat ek ken het rein gedagtes maar die dade is nie altyd so rein nie. wat is die verskil tussen 'n vark en 'n student?








'n vark word nie 'n student as hy gesuip is nie

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ken jy 'n 'Smiley'?
« Reply #8 on: July 10, 2013, 03:31:29 PM »
Dit is 'n feit.   

Ek het jou gedig gekry, maar moet dit nog oorskryf.   :wave:

Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Ken jy 'n 'Smiley'?
« Reply #9 on: July 10, 2013, 06:36:23 PM »
« Last Edit: July 10, 2013, 06:39:29 PM by AB »

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Ken jy 'n 'Smiley'?
« Reply #10 on: July 10, 2013, 07:15:45 PM »




















as jy klaar skaapkop geeet het moet jy jou snor uitborsel









Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ken jy 'n 'Smiley'?
« Reply #11 on: July 11, 2013, 08:42:14 AM »
Baie dankie AB, ek wou dit nog gaan soek toe sien ek hier het jy dit klaar geplaas. 
Ek het nou geskaterlag vir al die prettige foto's.  Dit lyk na 'n klomp gesellige mense AB.
Volgende keer wil ek saam skaapkop eet. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Ken jy 'n 'Smiley'?
« Reply #12 on: July 13, 2013, 11:16:12 AM »
Ek verstaan nou die benaming 'Smiley'...
Jitte, ek het nou gelag. Van die ouens lyk soos takbokke!
Ek sal maar hou by beesstert. En hoenderlewertjies.
As ek die foto's so bestudeer, moet jy touwys gemaak word.  Nogal.  En jy moenie fyntjies wees nie, o nee. 
Dankie vir die foto's AB..
elle