Uit die graf van Afrikaans
So seker soos die styg en val van see,
soos winter wat aan lente oor moet gee,
staan ek steeds op.
Skryf maar my taal in jou geskiedenis in
met bitter en verdraaaide leuns.
Vertrap my in jou kultuur-modder in
maar steeds soos stof slaan ek op.
Laat my arrogansie jou onwel? 'n Kwaal? 'n Kwel?
Verkies jy my gebroke?
Kop omlaag en oë gedwee?
Skouers wat hang? 'n Slawesang?
Nee.
Met my stap hoogdrawend
en my kop omhoog
my lag uit die maag,
met kleure van 'n hele héle reenboog:
grou ek steeds, vir goud, in ons grond!
Moor my maar met woorde,
skiet my met vonke uit jou oë,
kapmes my oop met haat -
maar steeds styg ek,
soos lug,
op.
Deur gerugte van vrede,
uit die pyn van die hede,
ten spyte van vergrype,
ter wille van die toekoms,
oor die grond van ons álmal se voorvaders,
in die breek van 'n nuwe dag,
stýg ek,
op,
en op
ên op!
Kopiereg Marius Buys 2013