Author Topic: Siener van Rensburg...  (Read 8885 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Siener van Rensburg...
« on: July 07, 2013, 08:07:24 AM »
Ek het aangesluit by 'n groep 'Siener van Rensburg' op my FB-blad.  Dit was bloot sodat ek mense se siening oor hierdie 'siener' Siener van Rensburg wil sien.
Daar is 'n hele paar volgelinge en dis amper lagwekkend (vir my, altans) hoe hierdie mense al klaar 'n redder gekies het om die Boere-volk te kom red en lei.
Die ou se naam is Mila Christian Fourie, is 'n advokaat en het vorige jare vir die groep Hillsong ghitaar gespeel.
Sjoe, redder en dan kan die man nog ghitaar speel ook terwyl hy die Boere-volk lei.  Mos om oor opgewonde te raak.
By my kinders, gister, le 'n boek oor Siener op die lessenaar met 'n boekmerk in.  Obvious is my seun besig om die boek te lees.  En dis juis op die plek waar hulle, dis nou my seun en die groep op FB, albei nou stilstaan.  Ook waar ek dan nou die boek oopslaan en dieselfde deel/datum/visioen lees.
Op die blad van die groep op FB is almal baie opgewonde dat die nuwe Boerevolkleier in die bruin pak (en hier moet ek net noem dat ek nie weet of hierdie advokaat sy gryspak geruil het vir 'n bruin pak) wat skielik uit die niet verskyn het.  Die profesie is vervul!!!   Ook is Mnr Fourie 'n leier in 'n kerkgroep 'Die Nuwe Afrikaner-kerk'.
Wanneer hy 'n vraag gevra word oor sekere aspekte van die visioene, moet hy al die inligting moontlik hieroor voorsien word en dan sal hy daaroor gaan bid.
Rooi ligte flikker vir my.  'n Nuwe kultus is gebore.  
« Last Edit: July 07, 2013, 08:09:28 AM by Angelica »
elle

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Siener van Rensburg...
« Reply #1 on: July 07, 2013, 08:51:02 AM »
Angelica

ek stem met jou saam. ek het in elkgeval nie ooghare vir ou siener nie. as ek my nie misgis nie bly hy in Pretoria en sy kar se nommerplaat is "siener". en 'n advokaat wat 'n nuwe kerk stig - daarvoor is ek baie bang

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Siener van Rensburg...
« Reply #2 on: July 07, 2013, 09:15:35 AM »
Oeps ja, ek sien ook daai rooi ligte flikker. Menige "sieners" se "sien" het hulle al in die steek gelaat.   Dit klink vir my na 'n nuwe bybel.

Ek het ook al daai nommerplaat gesien.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Siener van Rensburg...
« Reply #3 on: July 08, 2013, 10:35:37 AM »
Mens kan deesdae nie eers meer glo wat jy sien nie, wat nog die woord van 'n siener neem vir evangelie?  :bootyshake: rooilig voorwaar!

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Siener van Rensburg...
« Reply #4 on: July 14, 2013, 03:54:09 AM »
Daar is net Een wat regtig weet wat more gaan bring ... Daar is net Een wat ons regtig kan lei ...

ek sien en hoor al hierdie dinge en ek smile en wave ... want Sy woord se dis hoe dinge gaan wees in die laaste dae ...

Baie ken die Psalm 23, maar min ken die Herder van Psalm 23.

Die wat net die Psalm 23 ken, wou vir die "siener" en travante

maar die wat regtig die Herder ken, hulle bou op 'n Ewige Rots
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Siener van Rensburg...
« Reply #5 on: July 14, 2013, 07:00:20 PM »
Daai main man het my geblok op daai Group.
Seker omdat ek die klomp gewaarsku het om nie soos 'n trop skape agter 'n advokaat aan te sukkel en hy hulle nog gaan geld vra daarvoor.
Woerts!!  No more Siener van Rensburg comments by Little Miss Muffet.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Siener van Rensburg...
« Reply #6 on: July 15, 2013, 04:17:18 PM »
Daar het jy die antwoord.  Iemand wat werklik standvastig was sou jou nie geblok het nie. 
Om te weet is om te verstaan.