• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Valkenburg

Started by Trapsoetjie, May 31, 2011, 11:43:24 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Trapsoetjie

Valkenburg

Kleine dorpie Valkenburg

Waar grotte dwaal
Wegkruip op groter skaal

By die murasie van die 12de eeu se kasteel
Ons twee saam, jare terug, kan ek my verbeel

Koninklike paleis wat uit die ashoop verrys
Is pilare sigbaar en wandel paadjies
waar verliefdes ure lank saam kan spandeer

By die Berkelpoort het ek geweet dat ek by jou hoort
Daar waar ons voetspore verander in liefdes akkoorde


Ons dorpie Valkenburg.


©

:angel12:

Naas

Ek het iets heel anders verwag.
Valkenburg is vir my gelyk aan die groendakkies waar die Koekoo's bly. Hie hie
Nogtans pragtig.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Trapsoetjie

 :icon_biggrin: Het gedink dit sal,  :icon_biggrin: dis 'n pragtige dorpie in Nederland waar ek en Oma was. Ek is mal oor die plekkie. Sal wat gee om langer daar te kon vertoef. Dit het soveel geskiedenis.

Dankie Naas  :toothy4:

:angel12:

PM

Baie mooi Trappies.  Die atmosfeer wat jou  gedig skep is treffend. 

Ek dink die woorde is  "koninklik" en "akkoorde"? 

:love7:      :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Dankie my liefste maatjies.

Ek het reggemaak dankie PM.

As ek moet skaaf aan enige van my werkies, sal ek oop wees vir voorstelle ook. Ek is hier om te leer.... :icon_scratch: Shame ek is nou nie so 'n rebel soos Naas se Bengeltjies nie, maar my grysstoffies is geroes.  :toothy4:

:angel12:

PM

Die gediggie self is pragtig dankie Trappies.  Ek sien weilande groen gras waar daar nie woorde is wat dit beskryf nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Jeannedarc

Hi Trappies

ons het nog nie ontmoet nie - aangename kennis. ek hou nogals van jou gedig, it's quite descriptive and I can see the castle and the grottos. mooi geskryf. O ja Naas die psigiatriese hospitaal is Valkenberg en in Kaapstad  :angel12:

Trapsoetjie

Aangenaam. Ontmoet sal ons nog seker, eendag.

Baie dankie.

:angel12:

PM

Ek het julle vrot beskinner by Natalie.   :icon_biggrin:   Wens ek kon haar in my tas pak en saam sleep.   :icon_biggrin:


Om te weet is om te verstaan.

adele

pragtig vertel, ek het daarna gaan soek op internet en het die mooiste dorpie gevind, al is ek nie seker waar watter gebou is nie, bly dit nog lekker om te soek.

:grommit:
adéle  :grommit: