• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Marathon van die Lewe

Started by Jeannedarc, July 03, 2013, 10:25:40 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Jeannedarc

Klap klap
Klap klap
Nog 'n skuifel
Nog 'n kilometer verby
Vroegoggend, douvoordag
Laatmiddag as die son kwyn
Klap klap

Klap klap
Klap klap
Leë bierbottels in die straat
Uitgelope getuienis
Van die steroiedes van die lewe
Nog 'n kilometer, nog 'n jaar skuifel verby
Klap klap

Klap klap
Klap klap
Onder 'n boom
'n gebruikte kondoom
Die oorblyfsels
Van passie  vermors, 'n marathon verby
Klap klap

Klap klap
Klap klap
Glassplinters soos diamante in maanlig
Stukkies karwrak in 'n kruising
Stille tekens van gebroke atlete, vergete
In die marathon genaamd lewe
Klap klap

Klap klap
Klap klap
Bevrore doudruppels in 'n blom
Miljoene stukkies ys in die lug
Vang die prag van 'n sonstraal
Om dit oomblikke later weer te verloor
Klap klap

Klap klap
Klap klap
Nog 'n kilometer
Die glansprag van goue sonstrale
'n belofte van sukses, oorwinning
Aan die marathon van lewe wenner
Klap klap



PM

Goed geskryf Natalie.  Ek sien jou waarnemingsvermoë het goed te pas gekom so tussen die klap-klap van drawwende tekkies op die teer.   :hello2:  Ek lig my hoed vir jou. 
Om te weet is om te verstaan.