• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Soetbroodjie vir elektriese-broodmasjien.

Started by PM, June 27, 2013, 12:04:25 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

PM

Soetbroodjie vir elektriese-broodmasjien. 

Spoel die mengbak met warm water uit om dit te verhit. 
Voeg die volgende bestanddele een vir een (in volgorde) in die middel van die pannetjie by:
330 ml louwater
1  eier, nie geklits nie
3  eetlepels botter  (ek smelt die botter tot sag)
2  telepels sout
5  eetlepes suiker
4  koppies wit broodmeel  (1 kg) (kamertemperatuur)
Maak 'n gaatjie in die middel van die meel en voeg
1  en 'n half telepels droĆ« gis daarin
2  eetlepels volroom melkpoeier
Stel die masjien op 900gr of vir 'n groot brood.  (Verskillende make het verskillende verstellings.)
Dit neem drie ure om te bak. 

Ons is nie lief vir soetbrood nie.  Hannes het dit so aangepas:

3  telepels sout
2 en 'n half eetlepels suiker
3  eetlepels melkpoeier

As iemand nog reseppies het sal ons dit graag wil deel. 
Om te weet is om te verstaan.

Terry

Dit klink heerlik PM.  So 'n tuisgebakte broodjie warm uit die oond met 'n lekker dik laag botter.  ooohh lekkkerrr.  Ek dink ek sal die hoeveelheid suiker so hou as ek dit self maak, ek is mos lief vir 'n soeterige brood. 

Dankie vir deel van hierdie resep.

Meraai vannie Baai

Meisiekind kom weer kuier en haar kleingoed liefff soetbroodjie. Gaan hom aanslaan in die broodmasjien, want dit is nou hopeloos om Outop se gewone resep te laat rys buite in die koue. Duisend dankies vir die deel matertjie!

PM

Goed so, ek sal graag 'n foto wil sien wanneer dit klaar is. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


Ah Willa

ons het ook 'n broodmasjien - die model naam is JanDink alias Andre ... maar dit is nie 'n elektriese model nie,
die model gebruik nog die hande om mee te kniee ... en man is dit nou lekker brood wat dit, oops hy bak ...

Soetbroodjie en volgraanbroodjie ... maak nie saak nie ... heerlike broodjie
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Hierdie masjientjie kom baie handig te pas as 'n mens min tyd op hande het Wils.  Moet ek erken  :color: vandat die masjientjie werk knie ek nie meer nie. 
Om te weet is om te verstaan.