• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Wanneer dan word besoekers beperk?

Started by Angelica, June 27, 2013, 07:28:53 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Ek voel so bietjie angstig oor die feit dat soveel besoekers toegelaat word om Mnr Mandela in die ICU van Pretoria Hart sonder ophou besoek.
Is ICU dan nie 'n plek waar besoekers beperk word nie?
En hoeveel keer wil jy nou gaan groet?
Dis ook nou nie asof hy nog 'n handtekening op 'n stippellyn kan sit nie, of hoe?
elle

AB

die besigheid grens vir my so amper aan belaglikheid.

PM

Dit beteken dat die einde in sig is.  Wanneer iemand in ICU is mag hulle nie besoekers keer as dit die "laaste groet" is nie. 
Om te weet is om te verstaan.

PM

Ek het nou pas 'n sms van my seun uit NZ gekry dat Madiba oorlede is.  Wonder ek nou hoekom het ons nog niks daarvan gehoor nie.
Om te weet is om te verstaan.

AB

seker oorlat hulle tyd paar ure voor ons tyd is dan weet hulle dit voor ons. hulle hou mos voor ons nuwe jaar en kersfees, dan weet hulle ook gouer, maar klink my idt was vals boodskap

Angelica

#5
Beste antwoord op 'n vraag wat ek lank laas gehoor het, AB.
Daar was al 'n paar gerugte dat hy oorlede is waarvan nie een nog bevestig kon word.
Ek vermoed reelings is nog nie klaar:  Pad vanaf Mthatha na Qunu, besluit waar die graf sal wees ens ens.
Wat ek so 'n paar uur gelede gelees het, is dat die media nou Qunu toe beweeg.  Ook dit is jy nie verseker van.
Ek sou dink dat Mev Marcel en die kinders alleen toegelaat kan word.  Ook gehoor, dalk gelees, dat hoofmanne vanaf Mthatha vertrek het om hulle te gaan vergewis van Mnr Mandela se toestand..!!  Ook hulle glo niks meer wat in die media gese word.  
Intussen is daar natuurlik weer mense wat wonder waar hulle moet gaan wegkruip vir veiligheid.  Want, mos, is die nag van die lang messe voor die deur.
Wees paraat en gaan jou gang.  
elle

PM

Grapjas AB.   :icon_biggrin:  Dink jy dit kan met die lotto werk?   :icon_biggrin:

Die verslaggewers...   dit is mos maar hulle werk.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

AB

gits jong ek weet nie of dit met die lotto kan werk nie maar ons kan probeer.

Ah Willa

Ons kan al baie brood gebak het met al die gisings wat oral aan die gang is ...

ek wonder of ek gespaar gaan wees vir die nag van die langmesse omdat Madiba en Obama familie is ... Obama bloed neef en Madiba se groot ouma en my groot oupa was getroud ...

maar ek is bly as ek moet sterf, sal dit in stilte wees en nie in die media nei ...
en wat ookal gebeur nadat Madiba sy asem klaar uitblaas ... is ek in Sy hande ...
die ander details is nie my worries nie ... nie nou nie ...
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Broodjies gebak met al hierdie gissings sal maar suur smaak Wils. 
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

ek stem PM en ek sien my gesings het al weer 'n s te min ... dankie ... ek sal 'n knoop maak vir die 2 s'e en wil liefs ook nie brood met die gessings bak nie ...  :angel4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

adele

ek hoor netnou die mediamense se base is bekommerd ... het gedink hulle stuur mense net vir so 10-12 dae, maar nou rek dit lank uit en dit kos te veel ... ek kry sooo lekker want as jy aasvoël wil speel, moet jy maar opdok.

gister het iemand met kennis van die Xhosa kultuur gesê vlg hul kultuur moet hulle iemand so lank moontlik aan die lewe hou ... en as Mnr M aan masjiene gekoppel is, gaan dit probleme skep want niemand gaan wil toestemming gee om dit af te skakel nie... aldus op RSG.


:grommit: 
adéle  :grommit:

Ah Willa

dankie tog ek is nie Xhosa nie
en my testament se geen masjiene nie en geen begrafnis nie ...

Die arme man ... kan nie nie eens in vrede en op eie tyd laaste asem uitblaas nie

maar ek is ook bly dat die media se sake bietjie geruk word - wil mos agter sensasie en nonens aangejaag wees ...

plaas hulle spend geld en energie om te vertel van ons boek, Naas se boek ens
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Koerante, nuus, tydskrifte ens. is 'n besigheid en hulle doen verslag oor goed waarin mense belangstel om hul "besigheid" te bevorder. 
As mense nie so "sensasiesoekend" is nie, sal hulle nie geld maak nie. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

daar is 'n "te" aan beide kante, ja. ek kry sulke sensasie-soekendes eintlik jammer ... kan hulle nie hulself met beter dinge besig hou nie ... klink soos antie Stienie op 'n plaaslyn, sy het net ingeluister, kon nie eers met 'n hekelwerkie sit en luister nie ...   :toothy4:   

dis seker vir daardie media reg, maar om soos aasvoëls tussen mense vir die dood te sit en wag is myns insiens onbeskof en ongeskik, hulle lesers ook.

:grommit: 
adéle  :grommit: