Author Topic: Kom ons praat KOFFIE  (Read 12148 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Kom ons praat KOFFIE
« on: June 24, 2013, 09:22:59 AM »
Ek weet van baie mense wat nie hulle dag kan begin sonder hulle eerste koppie koffie nie.  Dan is daar mense wat 5-6 koppies 'n dag kan drink.  Is dit goed vir jou of nie?

Wat is jou raad/wenke oor koffie?

Kom ons bespreek koffie   :toothy4:


Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kom ons praat KOFFIE
« Reply #1 on: June 24, 2013, 10:24:18 AM »
Goed of sleg, ekke geniet my koffie. Drink maklik drie koppies agtermekaar soggens. Eerste een by kerslig saam Outoppie.  :love7:

Dit is ook vir my heerlik om die kinders te bederf wat kom kuier met roomkoffie enne ietsie soets daarby  :icon_biggrin:

  

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Kom ons praat KOFFIE
« Reply #2 on: June 24, 2013, 10:37:01 AM »
Dit lyk heerlik Meraai!

Ek is self 'n koffiepot. Gematigdheid is blykbaar wat 'n mens in sig moet hou. Iemand soos ek wat egter vier of meer koppies koffie 'n dag drink kan moontlik rusteloosheid, angs en insomnia ervaar. Daar is egter studies wat sê dat koffie 'n mens kan beskerm teen sekere siektes soos bv. Parkinson's en Diabetes 2. Te veel kan egter weer tot 'n hoër cholesterolvlak/telling lei.
Gewig: Dit hang seker ook af of jy dit met melk en suiker drink. Ek probeer myself gewoonlik beperk tot twee koppies wat melk en suiker in het. Die res is nog steeds met melk, maar sonder suiker. Koffie self is nie die sondebok wat dit aanbetref nie.
Laataand-koffie is egter 'n fout tensy jy moet wakkerbly. :-)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat KOFFIE
« Reply #3 on: June 24, 2013, 10:44:55 AM »
My ma het altyd gesê, kinders wat koffie drink gaan vlooie in hul magies kry.   :icon_biggrin:  Nou is ek baie dankbaar ek is nie meer 'n kinders nie.  Ek lief my moerkoffie, en nee, die water word stadig ingedrup!  Sterk, swart en bitter.  So sterk, die lepeltjie moet regopstaan in die koppie. 

Ek stem Fransi, dit is hoekom ons rooiwyn gekry het vir die aand.  Dit laat jou heerlik doeks.   :icon_biggrin:

Daai koffie en versnappering lyk heerlik Raaitjie, maar ek sal verbyhou met die room.  Nie die eetgoed nie!   
Om te weet is om te verstaan.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Kom ons praat KOFFIE
« Reply #4 on: June 24, 2013, 02:47:06 PM »
Dit lyk heerlik Meraai.  Ek is netso lief vir die room koffie, gewoontlik as ons by 'n koffie winkel is dan bederf ek myself altyd met 'n lekker romerige cappucino.  Maar ek hou glad nie vars room in die huis aan nie, dit sal my dood veroorsaak.   :icon_biggrin:  Sterk koffie gee my altyd die bewerasies, so ek drink net 'n sterk koppie swart koffie voor ek gym toe gaan en dit is omdat die kaffeine my altyd net bietjie meer energie gee om te oefen.

Hier is 'n link na 'n webtuiste wat vir ons 12 interessante koffie feite gee:

http://likes.com/misc/12-awesome-facts-about-coffee

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kom ons praat KOFFIE
« Reply #5 on: June 25, 2013, 12:04:49 AM »
Dankie vir die deel Terry. Gaan beslis daar 'n draai gooi. Ek hou ook van my koffie swart en bitter uit die kan maar as Meisiekindjie of skoondoggies kom kuier, bederf ek sommer myself ook  :icon_biggrin:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kom ons praat KOFFIE
« Reply #6 on: June 25, 2013, 12:07:55 AM »
Ek het gou gaan loer. Nou arig jammer ek nie die ene geweet toe Outop die ring oor my vinger gestoot het nie:
 :icon_biggrin: "Until death or lack of quality coffee beans do you part?"

Hoe lyk jou gunsteling koffiebekers? Ek kan myself verloor in koffiebekerkuns en ons snuffel graag in antieke winkeltjies opsoek na nog vir ons familie-koffiekroeg hier onder in die grot. Hier is drie van my gunstelinge wat ek so 10 of wat jaar gelede in NZ raakgesnuffel het.




« Last Edit: June 25, 2013, 01:02:34 AM by Meraai vannie Baai »

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons praat KOFFIE
« Reply #7 on: June 25, 2013, 06:08:15 AM »
van koffie gepraat, ek dink in die oggend as ek opstaan gewoonlik 'n groot glas water, en dis dit. ek drink so 2 beker koffie ( mens dirnk nie koffie uit 'n koppie nie) per week. Sal dlak so a en toe net 1 slukkie koffie by die vrou at waneer sy koffie drink. Ek drink ook nie juis tee nie. Water en sap en koeldrank, slefs in die winter. "n lekker waffel roomys in die winter smaak ook vorentoe.

In elk geval waneer ons gaan toer en kamp dan drink ek koffie, oggend middag en aand, maar dit moet rerige moer koffie wees, nie kits koffie nie en waneer ek dan by die huis kom drink ek nie verder koffie nie. Weet nie hoe dit werk nie maar dit werk by my so, kamp en koffie gaanhand aan hand, maar dis ook al.


Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kom ons praat KOFFIE
« Reply #8 on: June 25, 2013, 06:14:22 AM »
Kamp vra vir blikbekertjie Stoffel  :toothy4: en die koffiepot se 0'tjie moet swart gebrand wees dan proe dit NOG lekkerder vir my!

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat KOFFIE
« Reply #9 on: June 25, 2013, 06:45:44 PM »
Koffie, koffie en nog koffie.  Rerige koffie. Niks van daai sigorei-wortel wat hulle so lief is om twee koffiebone by te gooi en dan te vertel dis smaaklik.
Never in your life.
Ordentlike koffie, met of sonder melk, met of sonder suiker of versoeter.  Maar die koffie moet reg wees. En dit is nou as ek dit kan beheer, soos self koop of bestel.
By jou drink ek wat ek kry, al is dit ook water. 
Ek koop tee as Ouma hier kuier en dit staan tot sy oor twee jaar weer hier 'n draai maak.

 :coffee2:  Cheers.
 
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat KOFFIE
« Reply #10 on: June 26, 2013, 08:42:21 AM »
#4 The word "coffee" comes from the Arabic "qahhwat al-bun," meaning "wine of the bean."

Nou! weet ek hoekom ek koffie so lief lief lief!   

Sigorei hou nie van my nie, dit gee my erg hoofpyn en dit het jare geneem om uit te vind.  Moerkoffie vir my, anders dra ek altyd my bottel 100% suiwer koffie saam.   :love7:

Ek stem Engeltjie, daardie geur van vars gemaalde koffiebone is uniek! Hannes maak altyd in die oggend 'n vars pot koffie en as ek nog slaap dan "surf" ek met 'n brede glimlag.  Reg vir die dag!   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons praat KOFFIE
« Reply #11 on: August 15, 2013, 11:28:54 AM »
ek het 'n vreemde koffie gewoonte.
by die huis drink ek nie juis koffie nie, dlak so 1 keer 'n week of 2. ek dink so af en toe dalk rooibos tee by die huis.
waneer ons so toer en in die veld kamp dan drink ek soms tot 2 bekers koffie op 'n dag en waneer ek by die huis kom is my koffie drinkery ook verby. op toer het ek al probeer maar rooibos tee smaak glad nie dan lekker nie.
i ander gewoonte wat ek soms het op toer is om vroeg oggend, eerste ding om te drink, 'n bier oop te maak en dan het ek nie eers babalas nie, dis net vir my lekker om so vroeg my tande met 'n bier uit te spoel en waneer ek by die huis is pla daai lus my glad nie. by die huis drink ek sommer 'n glas water vir wegtrek.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat KOFFIE
« Reply #12 on: August 15, 2013, 02:04:36 PM »
'n Goeie gewoonte daardie, om jou tande met bier te borsel.   :icon_biggrin:

Ek lief my koffie en drink 'n hele pot vol by myselwers op deur die dag. 

Raaitjie kan ons daardie reseppie van jou deel?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kom ons praat KOFFIE
« Reply #13 on: August 17, 2013, 11:49:05 AM »
Enige tyd PM! Ek skep 'n heerlike homp roomys (vanilje/caramel of sjokelade) hang af wat in huis is, onder in koppie. Gooi dan die koffie bo oor in en spuit kringetjie room uit kannetjie bo oor. Dan frommel ek so klein bietjie milo bo op die room. Oeeeeee lekkkerte!!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat KOFFIE
« Reply #14 on: August 17, 2013, 01:12:27 PM »
Dankie Raaitjie, en hoe maak jy daardie lekker kaasbroodjies daar in die bordjie?  Die laaste keer wat ek dit probeer het, het dit so gekrummel ons moes dit met 'n mes en vurk eet.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.