• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Bejoeks en Bejoos...

Started by Angelica, June 23, 2013, 09:48:24 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Kom ek op twee woorde af vanoggend:

Vanaf RapportWeb:
Op Upington kry jy 'bejoekse' inwoners... Huh, wat sou dit beteken?

En dan in die woordeboek (oeroue) terwyl ek so soek, die volgende:  
'bejosie' - Beteken om deur die duiwel besit te word.  
(Call my 'Josie'.  My Ma het altyd gese ek is van die duiwel besete as ek 'n vloermoer gooi as die klomp seuns (vier) my so karnuffel.)

elle

PM

Bejoeks?  Nog nooit daarvan gehoor nie en my HAT het ook nie.  Hy ken nie eers die woord "bejosie" nie.  Eish, wie kan help?
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Ek loer van onder my vlerk... rooi innie gesig.   :color:
Bejoeks is daai deng wat so oor jou kom as jy sulke gevoelentheid in die onderlyf kry en jy nou moet, anders is dit verby. Sommer so onnerie lessenaar of voor jy nog die sleutel draai van jou tjor om huistoe te ry.  Haai oeeeee.
Upington se mense is die bejoekste in die land, so se hulle.  En dan Blommetjiesfontein.
Aarde, wat sou Oupa gese het van die dinge sommer so innie openbaar?    :tongue3:
elle

Aspoestertjie

Oupa se hy ken dit as "betjoeks"As 'n man betjoeks is is hy betjoeks, dan kan jynie veel daaraan doen nie.
Hy se ook, "'n Mens wat betjoeks gaan slaap staan moeg op."
De josie in as hy kwaad word.



:mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Meraai vannie Baai

Gatkantlanders is soms betjienks en betjoings. Betjoeks klink soos tronkstraf vir my  :icon_biggrin:

PM

Klink vir my na 'n "lekker" klomp, daai Uppingtonners, of spel 'n mens dit nou met 'n d?   :angel8:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

 :angel4: As hulle almal die josie in is sal 'n D'tjie beskrywend genoeg wees PM!

PM

Ek dink dit is mooi woorde om te gaps vir die woordskuur.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek stem  :book1: toe ... Erf gemerk  :notworthy: :icon_salut:

PM

 :hello2: Altyd 'n sterretjie!  Dankie Raaitjie.  Ek is so ver agter met lees en antwoord, dan skuld ek nog broodreseppies  :color: maar dit sal kom, ek "blowe". 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Hand oppi hart en troebob-njannies?  :toothy4:

PM

Sowaar as wat padda manel dra.   :wave:
Om te weet is om te verstaan.