• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Dagsé liewe maters

Started by PM, May 30, 2011, 01:45:18 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Goeie more almal van julle matertjies.  Ek wil hoor hoe was julle naweek en of almal vars en fris voel vir die week.

Ons was baie besig met pak en intrek en mooimaak van Meisiekind se huis,  kosmaak en saam kuier wat skrik vir niks nie.  Hoop julle het ook 'n heerlike naweek agter die blad. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

My naweek was seker te lekker. Op pad Dr toe met borspyne. Moet seker weer ipikonners wees.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Trapsoetjie

Naas,,,, laat ek nou hoor, en jy vertel niks..... ek sal mos moeilikheid maak!

PM dis lekker, hoop julle het elke oomblik geniet, maar nie dit ooreis nie.   :love7: Dis tog te lekker om so huis te skrop! Wens ek het die geld gehad dan het ek al my goed verkoop en nuwes gekoop en weer van voor pophuis gespeel  :hello2: Toemaar het al uitgevind, daar is geen genesing nie!  :icon_biggrin:

o ja die vraag was hoe was my naweek???? Is dit dan al verby....o gits, dis nou 'n probleem!  :dontknow:
Ek was nog nie klaar met hom nie.

:angel12:

Mel

My naweek was bietjie pynlik ... Ek het my eerste ink gekry!

PM

Ai ai,  Mel,  dan kan ons uitsien na woordwerke!   :hello2:

Ja Trappies!  Dis laaaankal verby!  Goeie more!   :icon_biggrin:
Die hartseer van jou goed verkoop is dat jy dit vir 'n appel en 'n eie moet weggee en ten duurste vir nuwes moet betaal. 

Naas,  ek sal jou 'n knypie later bel om vas te stel of alles in orde is.   :dontknow: 

Ek is bly julle het julle naweek geniet.  Stof is besig om die CD's te sny en ek hoor net so nou en dan almal se stemme deurslaan!  Groot pret!
Om te weet is om te verstaan.

Karin

My naweek was skitterend! Tweede ouma wat 90 geword het. Ons het lekker gekuier en gelag saam met al die ooms, tannies, niggies en nefies. Ek is werklik bevoorreg om so 'n wonderlike groot familie te hê.  :love7:

PM

Ag wonderlik.  Dit is 'n voorreg om een ouma te hê met so 'n hoë ouderdom,  wat te praat nog van twee!
Heerlik om jou hier raak te lees,  ons mis jou. 

Jou CD van anneraand se lekker saamkuier is gereed om afgehaal te word.  Dit wag vir jou en ek ook!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Borspyne nog nie weg nie maar die dokter se daar's niks om oor bekommerd te wees nie, as ek nie gou doodgaan nie sal ek nog so 'n rukkie vertoef.
Dis maar net spanning en hy het so 'n paar chill-pille voorgeskryf. Het vanoggend die eerste een gedrink en gee al klaar nie om dat die week nog vier dae het nie.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Goeie more,  ek hoop julle sal almal vandag 'n heerlike vredevolle dag beleef.  Naas sê die dokter sê as hy nie gou doodgaan nie,  gaan hy nog lank lewe.   :icon_biggrin:  Ek vertrou laasgenoemde sal seëvier!   :icon_cheers:

:love7:

:bootyshake:

En daar hoor julle dit nou uit die perd se bek!  Skryf ons twee so saam-saam!   :icon_biggrin:

Dankie dat jy laat weet Naas,  ons hou duime vas dat alles goed gaan met jou. 

Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Dis goeie nuus Naas!  :love7:

:angel12:

Ps: die dokter ken van, hy weet van, hy gee van daai lekker pilletjies.  :toothy4:

Stof

Is die pilletjies vloeibaar of is dit in tabletvorm?

Dis goed om te weet jy gaan nog so lank hou dat ons gaan nog 'n groot makiete op jou 120e verjaardag hou.
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Naas

Nee o mapstieks Stof, so oud wil ek ook nie word nie. Hoe dink jy gaan my vrou teen daai tyd lyk?




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Trapsoetjie

Nog net so mooi soos sy gelyk het toe jy die eerste keer haar raak gesien het...... :love7:

Kyk julle sal my nie glo nie, ek sit nog by die werk. My se motortjie het besluit ons gaan nie huis toe vandag nie. My baas en klaas en sus het gestoot en gestoot en gestoot, maar sy wil niks weet nie. Ons het haar 'n skokkie ook gegee, maar sy is so
'n donkie...

:angel12:

PM

Wag, laat ek dit liewers uitvee,  nou-nou verban julle my!   :icon_biggrin:

Dit is nou net na vyf Trappies,  teen hierdie tyd slaap jy seker al rustig.  Dit is mos die lekkerste slapie,  net voor die wekker lui!  Of is dit die vyf minute daarna?

Ek tel nou die slapies voordat ons ry.  SES  slapies! 

Kry vir julle 'n lekker koppie stomende   :coffee2:  en geniet die dag hoor.  Wees veilig!  Kom gesels sommer lekker baie vandag. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek hoop karretjie se winterkwale is verby. Die stotery in die koue is nie altyd lekker nie.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.