Hierdie is nou loshande die mees sinvolle gesprek vir hierdie tyd in ons lewe want jong mense kom mos nie hier aansluit en saamgesels nie. Maar sowaar, ons lewe is een sekond, want die vorige een is verby en die volgende is nie gewaarborg nie.
Ek het gister reeds so in die ry gewonder (ek moes na 'n ander reservaat toe ry) wat gebeur wanneer jou laaste asem ingetrek word .... ek het iewers sin vir gewone gedagtes verloor en skielik baie na aan God gevoel, met Hom gesels en weer besef hoeveel ek uitsien na die Hemelse lewe hierna.
Sniksnik. Dit is so jammer dat jaloesie vereensaming veroorsaak julle
En hierdie gedagtelyn is so vrek waar, dis hartseer verby. Ek beleef mos nou weer die erns daarvan. Ek het dan opgehou om by al ons dierbaarste vriende op die dorp te gaan kuier want ... ek is alleen. En o ja, wat maak dit saak, my vriende weet mos ek gaan nie verder man soek nie en beslis nie 'n getroude man nie, maar .... dit werk nie so nie. As jy alleen is, is jy alleen. 'n Man kan nog saans geselskap by 'n alleenvriendin gaan soek, 'n koffie of 'n uiteet, maar waar sou ek nou heengaan. En as jou posisie so is dat jy alleen op die platteland is, is dit fataal. Ek het so alleen geraak, dat mense nou vir my sê ek het amper asosiaal geword. Nou maak ek 'n punt daarvan om te luister en gesels wanneer ek by 'n groepie mense moet inskakel. Maar dit het ook net begin omdat ek weer deels op die dorp bly.