As die gier my beetpak, slaap ek min.
So, meeste van die tyd is my selfoon snags af. Die banke het mos hierdie manier om jou geld snags te vat as jy le en snork. Dit ontstel my. Maar hulle hou nie op nie.
Elk geval, so is my foontjie toe gisteraand nie afgeskakel en dit is toe nou net dat die duiwel dink, vanaand is die aand.
So slaap ek lustig tot 23:30 toe die deuntjie speel. Ook nie sag nie. Ek is seker die bure bo, links, regs is ook wakker.
Sommer net 'n iemand wat warra warra...
Slaap mense nie saans en snags nie? Werk hulle nie en het hulle nie rus nodig nie? Dink hulle nie dat ander mense daardie tyd van die nag slaap nie?
Nou is ek so bleddie ontsteld, dat my oe al hoe groter oopgaan en ek sommer opspring om die deur af te skop.
Dan is dit 'n tydjie tot voor dagbreek dat ek weer insluimer.