• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Fulstasie Flirtasie

Started by Marius, June 10, 2013, 08:45:40 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Marius

Vulstasie Flirtasie

Vingers wat streel en drentel
oor stywe tepels.
Lywe gevleg tussen swart satyn,
soos lepels.
Jou warm half-oop pruilende lippe
soensoek myne.
In my buik, en laer,
pols smagtende listige pyne.
Jou sug, sag, ongeforseerd, glottaal,
ego die drang in my dagdroom verhaal.

Jou wiel is pap sê ek bot,
my gedagtes,
nou getem, met dwang ingebod.
Jy klim uit,
en weer wil my fantasie wild losruk
as jou lyf my verbeeldingsvlug verruk.
Dankie glimlag jy, 'n engel, 'n sakkubis,
onbewus, waaroor my gelaat so trekkeloos is.
Ry! Beveel my binneste my.
Veel langer en jou toneelspel is verby.
Hard druk ek hefboom in eerste rat,
trap versneller: my hart se klap –
'n swart karwat.

Kopiereg Marius Buys 2013

PM

Witwarm Marius.  Pasop tog vir die ouderdomsbeperking.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.