Author Topic: Bundel insetsels Marius Buys - Biografie (bladsy 2)  (Read 1339 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Bundel insetsels Marius Buys - Biografie (bladsy 2)
« on: June 10, 2013, 03:19:52 PM »
Gedigte is die fantasie-vlug van 'n dromer of die getuigskrif van 'n ooggetuie.

Ek is gebore op die dorpie Oranjekrag in die Vrystaat. My oumagrootjie was Paul Kruger se suster, Dorslandtrekker en getroud met ‘n Bittereinder. Hulle onafhanklike en rebelse gene leef vandag nog in my voort.

Op Grootvlei-myn in Springs het ek en my broer sorgvry grootgeword as die ingenieur se seuns. Ons het my pa deeltyds help boer en baie perdgery en visgevang. Op skool het ek aan ATKV kompetisies deelgeneem en daarna gaan onderwys studeer met Afrikaans asook Spraak en Drama as spesialiteitsvakke.

Op kollege het ek die Nasionale ATKV toekennig ontvang vir beste eenbedryf met my eerste skryfpoging: "Wolf".

Ek het oraloor, en vir ieder en elk, Afrikaans as vak onderrig en was dertien jaar onderwyser by ‘n Katolieke skool in Sandton.
 
Ek was eers op 37 getroud en my tweeling seuns is uit die huwelik gebore. Ek is, tot my spyt, maar vir die beste, vroeg geskei, en bly tans op die Oos-Rand.

Ek het eers onlangs begin om ernstig gedigte  te skryf maar het al op skool vriende gehelp om hulle meisies se harte te wen met ‘n stroopsoet gediggie of twee. Ek geniet dit om te skryf, met my kinders Voortrekker-dinge te doen, rugby af te rig en om vis te jag met my pylgeweer. Ek het beslis n poetsbakkende, plattelandse sin vir humor en is beide trots Afrikaans en trots Afrikaner.