• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Bundel insetsels Marius Buys - Asemloos

Started by Marius, June 10, 2013, 04:12:04 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Marius

Asemloos

Oseaan helaas is my woning nie,
dié sewe tiendes sonder eweknie.
Ek 'n onderwater Livingston,
wil asem-ophou die dieptes in.
Hier, my liefde, tydverdryf en waan,
hier 'n wildernis met net enkele weë gebaan.
Koele water wat my stil omhels
waar mossels klik en see gesels.
Dié Bloue-wonder met drie dimensies,
biosfeer sans advertensies,
dring ek in as vreemde wese,
nuut, naïef en onbelese.
Sweef my gees met vis as vlees,
tot my longe helaas, weer vol lug moet wees.