• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Bundel insetsels Marius Buys - Sonder woorde

Started by Marius, June 10, 2013, 04:03:30 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Marius

Sonder woorde

Jou lyf my lief, is Rubicon,
my visum onbeperk,
jou vonkel, ewig horison
die weg in braille gemerk.

My woorde, soos water,
vervorm tot jou verwysing,
verraai ons vermoeƫ,
word Hydra - onverslaan.

Ek wil vir jou dig in regte woorde
maar my dogma dra Ahasveros se kleed,
en daar leef en sterf ek,
en daar leef en sterf ek.






* Hydra - Onverslaanbare veelhoofdige seemonster

Dit is makliker om die fisieke intieme grens in 'n verhouding oor te steek, as om insig te verkry in wat jou maat werklik gelukkig en opgewonde maak, en is inteendeel, 'n lewenslange soektog met rigtingwysers in' n onbekende taal wat jy letterlik op aanvoeling moet aanleer.

Braille word gelees deurdat die leser iemand anders se gedagtes lees deur fisies in kontak daarmee te bly en ek wil n gelyk trek met die liggaam, die kop en hart wat gelukkig gehou en ontdek moet word.