Author Topic: Ek bring rose  (Read 2133 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Ek bring rose
« on: June 04, 2013, 05:04:14 PM »
Vandag bring ek rose vir mamma
‘n mooi sneeuwit roos
vir al die liefde
elke dag gegee met sorg

‘n mooi geel roos
vir die laataande langs my siekbed
elke druppel koorsstroop
kon nie mamma se liefde blus

‘n mooi pink roos
vir daardie luilekker saamwees dae
van boeklees drome droom
lang ente se stap langs die rivier

‘n mooi swart roos
wat mamma se kalmte uitstraal
waarmee mamma my grootgemaak
my teruggeneem het as ek geval
seergekry en nie kon opstaan

‘n mooi rooi roos
om vir mamma te sê
ek sal altyd lief wees vir mamma
al is mamma nie meer hier
dankie mamma omdat mamma
maar net altyd mamma was

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek bring rose
« Reply #1 on: June 06, 2013, 09:43:31 AM »
Dankie vir die deel Ans, dit is baie mooi. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Ek bring rose
« Reply #2 on: June 08, 2013, 08:26:19 AM »
Ai, dis mooi.
elle

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Ek bring rose
« Reply #3 on: June 08, 2013, 12:19:03 PM »
Dankie almal ek waardeer dit opreg.