• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

'amazing' mens

Started by Louis, June 04, 2013, 05:54:54 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Louis

noudat ek n voorskou gesien het van my boek 2 goeters, kan ek net se,
PM, as niemand dit nog ooit vir jou gese het nie, dan se ek dit nou
JY IS 'AMAZING'!!  jy kan darem toor met prentjies en dinge
nie in my wildste drome so iets verwag nie - dis ongelooflik mooi gedoen

groot bondel dankies

Fransi


Meraai vannie Baai


PM

Louis, dit beteken geweldig baie vir my, baie dankie vir die pragtige kompliment.   :bootyshake: Ek doen die forumdans!   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Terry

Ja, as jy PM se werk sien, dan weet jy hoe baie liefde, geduld en aandag daarin gegaan het.  Maar om dit werklik te kan waardeer, moet jy langs haar sit terwyl sy haar "magic" doen.  Sy werk ongelooflik hard aan elke liewe bladsy en sal nie stop totdat hy 100% perfek is nie.  Ek voel persoonlik deel van die boek, net omdat ek ure en ure lank bygestaan het om te sien hoe sy aan dit werk. 

PM, dis waar wat Louis se, "Jy IS AMAZING".

PM

Haai oe Blommie, ek trek my spitshoedjie oor my oë en boor met my toon in die grond.  Baie dankie.  Julle is almal vir my baie spesiaal.   :love7:
:bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Laat my baie spesiaal voel, want PM vertroetel en klee my skamele stukkies met soveel sorg...
Ek weet Boek 2 gaan 'n spogboek wees.  Meer nog as Boek 1.
Alles aan jou te dankie, PM.
elle

PM

Dit is omdat dit nie "skamele stukkies" is nie.  Dit is vir my 'n groot voorreg om julle te werk mag uitstal.  Ek slaag nie altyd met die eerste probeerslag nie, maar dan probeer ek net weer tot dit reg is soos wat julle ook daarvan hou. 
Dikwels kan ek ook nie agtergrond gebruik waarvan ek die meeste hou nie, omdat dit kopiereg op het.  Ek skryf 'n briefie en vra toestemming, maar hoor selde of ooit iets van die "eienaar".  Soms is ek lankal klaar met iemand se bundeltjie dan loop ek 'n ander agtergrond raak waarvan ek  meer hou en dan ruil ek dit.  Dan gebruik ek ook nie dieselfde agtergrond twee maal nie, maar ek doen my beste bes.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

Dankie PM. Dankie vir jou harde werk en oor en oordoen. Ons waardeer dit almal inniglik. Ek kan nie wag om die nuwe boek te sien nie.

PM

Dit is 'n groot plesier.  Ek doen dit weer. 
Om te weet is om te verstaan.

Jeannedarc

'n glasie rouge, 'n vuurtjie wat 'n vonkie skiet en 'n groot merci van Jeanne D'Arc vir al die harde werk, lang ure en slapelose nagte om hierdie boek van embrio na geboorte te neem.

PM

Dankie Jeanne D'Arc, nog 'n groot droom van my - om al my forumvriende om dieseslfde vuurtjie te kry met 'n glasie in die hand - intussen waardeer ek elke besoekie om ons vuurtjie. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

Quote from: Terry on June 06, 2013, 01:23:46 PM
........omdat ek ure en ure lank bygestaan het om te sien hoe sy aan dit werk. 

ek beny jou  :love7: 

:grommit:
adéle  :grommit: