• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

die naald en die dood

Started by Jeannedarc, June 04, 2013, 02:29:09 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Jeannedarc

Starend koorsig glasig is jou oog
Wasig jou fokus blind turend
Latex rubberpypie vasgeklem
Tussen tand en hand
En die kronkelknoop styfgespan tussen skouer en elm
Versugtend die bevange hoop
Smeekbeed!
Laat daar tog ‘n enkel aar
Knopbultend uitstaan
Tussen naaldpriksweer en roof

Vaalwit lê die poeier, die ontvlugting
In die lepelbol
En grotesk die skadu’s
Vlikkerend in kersvlamlig
En die kersvlam lekkend lek
Aan lepelbol
Snel vervorm vaalwit poeier
In deursigtig lawaborrelpoel

Bewend is jou vingers
As dit die spuitnaald omvou
Met kerslig vlitsend van die vlymskerp naald se punt
En die suier van die spuit
Beweeg asof deur heuning en stroop
Wanneer die lawa ingesuig
Vaalwit in die spuit se glas

Naald se punt   vlug  penetreer
Die bolgespande aar, siekblou
En die lawa vloei gloeiend
In jou bloedstroom in
Latex pypie skiet los
Blitsig snel die dwelmlawa
Deur die dop van jou jy
Koorsig oog nou maar dowwe oog
As jou lewe lawadruppel vir lawadruppel
Uit jou vloei
En jou laaste spuit een spuit meer was as ….

PM

Die inhoud gee my koue rillings.  Baie goed geskryf Natalie. 
Om te weet is om te verstaan.