Author Topic: piekels en blatjang  (Read 14541 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
piekels en blatjang
« on: May 29, 2011, 08:41:49 PM »
BONE-BLATJANG

   1 lb bone               halwe t peper
   4 groot uie               4k suiker
   1 bottel asyn            2e kerrie
   5 groot tamaties            1e sout
   maizena               naeltjies
        borrie      

Kook bone en uie in asyn tot sag.
Kap in stukkies en voeg tamaties by.
Voeg by peper, suiker, kerrie, sout, 10-15 naeltjies en borrie.
Voeg maizena laaste by.


GEELPERSKE-BLATJANG

1,5kg geelperskes            125ml bruinsuiker
2 gekapte uie            15ml kerriepoeier         
3 rissies               15ml borrie
1 bottel asyn            15ml sout of na smaak
7,5ml wonderpeper         1 klein knoffelhuisie

Skil perskes, verwyder pitte en kap fyn. Kap uie fyn.
Plaas alle bestandele in kastrol en kook tot dik.
Skep in skoon flesse en verseël.


APPELKOOS-BLATJANG

1,4kg ryp appelkose         10ml sout      
1 groot ui               10ml gemmer
½  knoffelhuisie            5ml mosterd
450g pitlose rosyne         3ml rooi peper
450g suiker                    1 bottel asyn

Maal appelkose, ui en knoffel.
Voeg alle ander bestandele by en kook stadig tot mengsel sag en dik is.
Roer af en toe.
Bottel en verseël.


GEELPERSKEPIEKELS

   2kg geelperskes            30ml kerriepoeier
   6 groot uie               2-3 rissies
   125ml bruin suiker            1½ bottel asyn
   15ml wonderpeper         paar koljandersade
   
Skil perskers en uie.

Plaas perskes in bak en bedek met sterk soutoplossing.
Laat oornag. Gebruik 500g sout op 4,5liter water vir oplossing.

Dreineer perskes en uie volgende dag.
Verwyder pitte en sny perskes en uie in skywe.
Kook saam met die res van die bestandele tot dik.
Laat koud word, skep in gesteriliseerde flesse en verseël.




SULTANA BLATJANG

6lb (2,5-3kg) druiwe         1e borrie
2.5lb(1-1,5kg) uie            1,5e kerrie
1.25bottel asyn            1e sout
2.5lb(1-1,25kg) suiker         1,5e mielieblom

Kook asyn, sout, suiker en uie vir 15 minute.
Voeg speserye by en kook 30 minute.
Gooi druiwe by en kook 30 minute.
Meng mielieblom met bietjie asyn en roer by.
Kook goed deur en bottel warm.


 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: piekels en blatjang
« Reply #1 on: May 30, 2011, 10:23:17 AM »
Baie dankie Adéle!  Hierdie resepte is uit die boonste rakke! 
Om te weet is om te verstaan.