• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

VRA-NA-MEER-HOENDER

Started by adele, May 29, 2011, 09:32:27 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

VRA-NA-MEER-HOENDER                  

1 hoender               1l  kookwater
7ml sout
1 blokkie hoenderekstrak, verkrummel
2ml gemengde kruie         2ml gemaalde naeltjies
2ml gemaalde koljander         2ml gemaalde gemmer
2ml grofgemaalde swartpeper      750ml melk
250g spaghetti            6 eiers
25g (30ml) botter/margarine      25ml fyngekapte pietersielie
250g ontbytspek, gesnipper      2 uie, gekap   
300g vars sampioene, in skyfies gesny
50ml fyngekapte seldery
400g (1l ) gerasperde Chedder-kaas

Kook die hoender in die kookwater saam met die sout, hoederekstrak, gemengde kruie, naeltjies, koljander, gemmer en peper tot sag. 
Dreineer die hoender, maar hou 250ml van die sous. 
Ontbeen die hoender en snipper die vleis fyn.
Kook die spaghetti volgens die aanwysing op die pak tot sag en dreineer.
Smelt die smeer en braai die ontbytspek en uie liggies daarin. 
Voeg die sampioene by en braai net tot gaar.
Meng die hoendervleis, hoendersous, spaghetti, spekmengsel, seldery en pietersielie liggies.
Smeer 'n groot oondbraaipan of bespuit dit met kleefwerende kossproei. 
Skep die helfte van die vleismengsel in die pan. 
Strooi die helfte van die kaas oor. 
Skep die oorblywende vleismengsel bo-oor en strooi die res van die kaas daarop.
Klits die melk en eiers saam en giet dit egalig oor die gereg - steek dit hier en daar met 'n vurk om die eiermelk deur te laat.
Bedek die pan met aluminiumfoelie en bak dit ongeveer 45 minute lank in 'n voorverhitte oond by 200°c (400 F) tot gaar en gestol. 
Verwyder die foelie en rooster dit 'n paar minute om dit bo-op te verbruin. 
Sit warm voor.

Lewer ongeveer 8-10 porsies.

:grommit:

adéle  :grommit:

PM

Dit klink werklik na vra vir meer!   As 'n mens al soveel jare kosmaak dan lê die probleem by "wat kook ek vanaand!"
Hierdie een gaan ek beslis maak.  Baie dankie vir die moeite.
Om te weet is om te verstaan.