• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Grondboontjiebotter sjokolade koekies

Started by Terry, May 28, 2013, 03:13:02 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Terry

Julle sal dit nie glo nie!
GEEN MEEL, GEEN OLIE, GEEN WIT SUIKER!
Grondboontjiebotter sjokolade koekies

Bestanddele:

1 1/4 koppies blikkies kekerertjies (chickpeas), goed gewas en droog gemaak met kombuispapier
2 teelepels vanilla ekstrak
1/2 koppie grondboontjiebotter
1/4 koppie heuning
1 teelepel bakpoeier
knypie sout
3/4 koppie opgekapte melksjokolade

Metode:

Verhit jou oond tot 350°F / 175°C.

Meng al die bestanddele behalwe die sjokolade in 'n voedsel verwerker (ek dink dit is Afrikaans vir food processor).  Maak seker als is deeglik fyn, roer so nou en dan en verwerk verder.

Meng nou die sjokolade in en roer met 'n houtlepel. Die mengsel behoort baie dik te wees.

Met nat hande, rol klein balletjies en sit in 'n oondpan wat gesmeer is met bietjie botter. Bak hulle vir ongeveer 10 minute.

Jy sal so 14 happies maak met hierdie resep.


Fransi


Meraai vannie Baai

Ongelooflik! Nie gedink dit is moontlik nie Terry. Stem saam met Fransi. Dit klink heerlik  :toothy4:

PM

Om te weet is om te verstaan.