• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

jagtyd

Started by AB, May 25, 2013, 07:04:10 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

AB

Die verskil tussen Jag en Seks
1. Maak nie saak hoeveel wyn jy gedrink het nie, jy bly lus vir Jag.
2. Mens kan heel dag en heel naweek Jag.
3. Jy hoef nie jou jagtydskrifte weg te steek nie.
4. Die Tien Gebooie verbied nie jag met verskillende jagmaats nie.
5. Jou jagmaat is nie gepla oor jou vorige jagmaats nie.
6. Dis heel aanvaarbaar om saam met 'n totale vreemdeling te jag.
7. Jy sal nie blind word as jy alleen Jag nie.
8. Daar is geen Jagverwante aansteeklike siektes nie.
9. Jy hoef nie Jag op te gee wanneer jou Jagmaat belangstelling verloor nie.
10. Jy sal nooit jou Jagmaat hoor sê nie: "Wat? wil jy alweer Jag? Ons het
dan net laas week gejag. Is Jag AL waaraan jy kan dink?"
11) Om SAFE te jag sit jy net die Gun op safe.
12) Jy kan foto's van jou Jag op Facebook sit.
13) Jy kan met verskillende gewere Jag.
14) Jy kan jou werksvriende saamnooi op 'n Jag.
15) Jou Jagmaat raak self lus vir Jag.
16) Oupa kan ook nog Jag..
17) As jy klaar geskiet het, haal jy net oor en kan dadelik weer skiet.
18) party gewere kan op auto/semi auto skiet.

PM

Om te weet is om te verstaan.

AB

19) As die jagseisoen toe is,...... kan jy nog altyd op jou eie bietjie teiken skiet.
20) Jy kan tot so ver gaan en jou jagmaat vra jy wil bietjie voel hoe skiet sy geweer.

PM

Man, ek het hierdie nou weer uit my maag uit geniet.  Net Hannes hou niks van wat ek vir hom lees nie, want ek lag so hy kan niks hoor nie.
Nou is ek baie lus om te gaan jag!
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Ek wou nou hier 'n paar regstellings maak, maar sien ons sit op die stoep.

So ek sal my bepaal by puntjie 1 en 2, maar dit kan altwee kante toe gaan.  :occasion14:

Daar is so paar ander maar sal dit oorlaat aan jul verbeelding.   :evil6:

:angel12:

AB

jy moet n jagter wees om te verstaan

PM

Kan iemand my help asseblief, ek soek 'n bokkie om te skiet!
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek wonder altyd of die meervoud van jag jags is?


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

As jagters bokkies jags is jags die meervoud van jag ja.  Tongknoper!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek is verkrukkeld gelag  :icon_biggrin: :bootyshake:

PM

Ek dink dit is tyd dat almal saam lag!  Waar is hulle?
Om te weet is om te verstaan.