Author Topic: Die boemelaar  (Read 2644 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Die boemelaar
« on: May 22, 2013, 07:34:05 PM »
Die boemelaar
Sy strompelgang loop voor
en die walm agterna,
van bloutrein en vis en sweet.
Sy knieë en tone loer na mekaar
deur armoede se vensters heen.
Die half jack sien jy
deur sy gatsak se smile
en Pick n Pay se suitcase
dra alles wat hy het.
Hy strompel van bloutrein
en herinneringe aan haar.

©Cornelis
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10717
  • Gender: Female
Re: Die boemelaar
« Reply #1 on: May 25, 2013, 08:35:27 AM »
Dit is goed geskryf.  Dit is so komies, maar ook so hartseer. 
Dankie vir die plasing Elle. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Rainier

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 47
Re: Die boemelaar
« Reply #2 on: October 17, 2013, 11:01:20 AM »
Dis baie goed geskryf , ek kan hom amper voor my sien!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10717
  • Gender: Female
Re: Die boemelaar
« Reply #3 on: October 17, 2013, 02:05:55 PM »
Ek lief ook die "fish 'n chips" een.  Ons het pragtige skrywers.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Die boemelaar
« Reply #4 on: October 17, 2013, 07:25:31 PM »
Ja, ek kry hulle so jammer, maar het gou geleer om hulle op 'n afstand te hou anders klou hulle soos magenete. Aan elkeen van hulle is daar 'n storie aan verbonde. Wat my net onlangs geskok het, is toe ek my vasgeloop het in 'n boemelaar wat ek skat so 21 nie ouer as 22 moet wees nie. Besef hy hoeveel verlore jare vir hom wag nie?
Mooi geskryf ek hou hiervan. Hartseer, maar die waarheid in ons samelewing.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10717
  • Gender: Female
Re: Die boemelaar
« Reply #5 on: October 18, 2013, 06:42:00 AM »
Dit is skrikwekkend om te sien hoeveel mense in die strate loop en bedel. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10717
  • Gender: Female
Re: Die boemelaar
« Reply #6 on: November 13, 2021, 04:47:29 AM »
Ek is mal oor Cornelis se werk.  Jammer hy is oorlede.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.