• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ons gaan huistoe

Started by PM, May 21, 2013, 05:53:24 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Vandag het ek die meeste goed gepak.  More vroeg gaan Hannes gou alles afteken en dan vat ons die pad huistoe.  As alles goed verloop behoort ons Donderdag middag by die huis te wees. 
Dankie aan almal wat my opgebeur het en help staande bly het in die laaste twee maande in hierdie "hell hole".  (Ook die drie weke in Februarie.)  So kom alle slegte dinge ook tot 'n einde.   :hello2:
Ek lief julle.  :bootyshake:

Om te weet is om te verstaan.

adele

mag julle veilig in ons Vader se hande bly en Hy heelpad met sy genade by jul wees.

:grommit: 
adéle  :grommit:

PM

Dankie Adéle, ons is nog nie eers weg nie en die program het verander.  As ons gelukkig is sal ons nou Vrydag by die huis wees.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Oi joi joi, ek hou alles wat kan knoop gekruis hoor!

PM

Om te weet is om te verstaan.

Fransi

Sterkte en saam met Meraai hou ek vingers en tone gekruis.

PM

Dankie Fransi, ek sit nou hier langs my tasse soos 'n koshuisbrak en wag vir Hannes.  Hy sal nou hier wees dan durf ons die eerste deel van die lang pad aan.   :wave:
Om te weet is om te verstaan.

Terry

Veilig ry.  Ons kan nou nie meer wag vir julle om huis toe te kom nie!

PM

Ons is uit en tuis en by die huis, maar dit sal my 'n week neem om my tuin in orde te kry en my huis leefbaar te maak. 
Ek spoeg vuur, maar het gedink om net te kom sê ons is veilig tuis. 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

Ek is bly julle is terug. Baie sterkte.