Author Topic: Selfverwyt en vergifnis.  (Read 4456 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Selfverwyt en vergifnis.
« on: March 27, 2011, 08:42:16 PM »
Selfverwyt en vergifnis

Jy sit vasgevang in 'n diep duister poel;
van nagdonker wat jou siel gevange hou,
van eensaamheid wat jou elke asemteug verstik,
van selfverwyt wat oor jou gewete spoel.

Jy weet mos wát dit is wat jou daar laat beland het.
Jy ken elke verskuilde pad waarvan jy afgedwaal het,
elke klag wat jy aanhoudend teen jouself inbring
wat jou hande bewend in jou skoot laat wring.
Hoeveel mense sonder skuld en sonder rede
wil jy nog, skaamteloos en verwoed,
diep in dieselfde donker poel werp
om saam vir jou sondes te boet?

Gaan kyk in die spieël na jou gesig.
'n Mens wat deur sy Skepper hier geplaas is,
tog seker vir n rede, vir n ander doel
as om te drink uit ‘n selfbejammeringspoel.
Dit het nou tyd geword om jouself te vergewe,
om jouself in die oë te kyk en weer te lewe.
Kyk na die mooi lig op die horison,
dit is genade wat vir jou opkom.

Kyk links van jou is die hand wat ek uitreik,
daar regs is nog meer hande om te gryp.
Sien hierin die liefdevolle hand van God.

Gryp dit vas en trek jouself weer op.
« Last Edit: July 28, 2011, 07:01:49 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Selfverwyt en vergifnis.
« Reply #1 on: April 13, 2011, 08:49:33 PM »
Maggies PM. Nou is ek met spraakloosheid oor die kop geklits.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Selfverwyt en vergifnis.
« Reply #2 on: April 14, 2011, 09:27:19 AM »
Hoekom Naas?  Kry jou stem terug en kom vertel.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Selfverwyt en vergifnis.
« Reply #3 on: April 14, 2011, 10:51:49 AM »
Ek skrik maar so. As ek nie my stem verloor nie, verloor ek my water. Dalk kan Stof vir ons se waar my stem heen is.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Selfverwyt en vergifnis.
« Reply #4 on: April 14, 2011, 10:18:19 PM »
Ag nee Naas,  ek wil nou weet wat bedoel jy met jy is oor die kop geklits met my gedig.  Kom vertel tog nou vir my in soveel woorde wat jy dink van my poging.  Is dit goed of is dit sleg?  Bring al jou voorstelle om dit te verbeter.  Jy weet mos, my skryfwerk is vir my van die grootste belang en ek sal werklik enige raad en hulp om dit te verbeter met albei hande aangryp.  Help asseblief!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Selfverwyt en vergifnis.
« Reply #5 on: April 14, 2011, 10:21:56 PM »
Ek wil juis nie se nie, dan bly die kanaal oop vir ander om te las.
Ek sal jou 'n leidraad gee... "Dis positief"
Kom lesers help my hier. Wat dink ons van PM'pie se probeerslag?


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Selfverwyt en vergifnis.
« Reply #6 on: April 15, 2011, 07:19:13 AM »
 :hello2:

Besonders. Dit het my nou laat dink aan iets wat ek dink Maretha Maartens gesê het (kan nou nie die presiese woorde onthou nie, maar dit kom op die volgende neer): "Wanneer God vergewe dan werp Hy dit in die diepste deel van die oseaan en sit 'n bordjie op:'No fishing!'"
Hoe durf ons dan eintlik aanhou om onsself daaroor te kasty.

Baie goed geskryf.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Selfverwyt en vergifnis.
« Reply #7 on: April 15, 2011, 09:55:25 AM »
Dankie Fransi.  Die gedig is by "help mekaar".  Ek sou dit regtig graag wou afstof en poets.  Julle hulp sal baie waardeer word.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Stof

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 112
  • Gender: Male
  • 'n Dankbare begenadigde
Re: Selfverwyt en vergifnis.
« Reply #8 on: April 15, 2011, 06:25:00 PM »
Ek skrik maar so. As ek nie my stem verloor nie, verloor ek my water. Dalk kan Stof vir ons se waar my stem heen is. :icon_bigsmurf:

Dit is heel waarskynlik genasionaliseer in demokratiese belang pas nadat jy dit gaan registreer het verlede maand...
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
Re: Selfverwyt en vergifnis.
« Reply #9 on: May 24, 2011, 05:11:34 PM »
nog n treffer. hierdie een hoort in die bundel!!

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Selfverwyt en vergifnis.
« Reply #10 on: May 24, 2011, 06:42:37 PM »
ek deel ook graag 'n sterretjie aan jou
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Selfverwyt en vergifnis.
« Reply #11 on: May 25, 2011, 10:38:11 AM »
Baie dankie,  ek   :love7:  julle.   

 :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.