• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Prutpot 5 laag brownies

Started by Terry, May 20, 2013, 12:45:45 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Terry

Bestandele:

1 Pakkie brownie mengsel
1/4 koppie gesmelte botter
1 eier
1/4 koppie water
1 blikkie kondensmelk
1/4 koppie okkerneute
1/4 koppie gedroogte kokosneut (coconut)
1/4 koppie oats

Metode:

Smelt die botter in die prutpot.
Meng die water, eier en brownie mengsel en gooi by botter in die pot en roer botter in.
Gooi dan die kondensmelk bo-oor.   (Lek die res van die kondensmelk uit die blikkie uit  :angel4: )
Bo-op die kondensmelk gooi 'n lagie oats, dan die coconut en dan die okkerneute.
Sit die deksel op en laat prut op laag vir ongeveer 2-3 ure. 
Haal deksel af en prut vir nog 30 minute totdat die kondensmelk soliede karamel is.

En daar het jy super klam, super soet, heerlike brownies.  Bedien op met roomys en onthou om die volgende oggend te gaan gym.  (Ag nie rerig nie, daar is mos oats in, so dis heel gesond!)

PM

Heerlik heerlik.  Baie dankie matertjie.  Jy is 'n skattebol. 
Om te weet is om te verstaan.