Author Topic: Prutpot 5 laag brownies  (Read 3679 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Prutpot 5 laag brownies
« on: May 20, 2013, 11:45:45 AM »
Bestandele:

1 Pakkie brownie mengsel
1/4 koppie gesmelte botter
1 eier
1/4 koppie water
1 blikkie kondensmelk
1/4 koppie okkerneute
1/4 koppie gedroogte kokosneut (coconut)
1/4 koppie oats

Metode:

Smelt die botter in die prutpot.
Meng die water, eier en brownie mengsel en gooi by botter in die pot en roer botter in.
Gooi dan die kondensmelk bo-oor.   (Lek die res van die kondensmelk uit die blikkie uit  :angel4: )
Bo-op die kondensmelk gooi ‘n lagie oats, dan die coconut en dan die okkerneute.
Sit die deksel op en laat prut op laag vir ongeveer 2-3 ure. 
Haal deksel af en prut vir nog 30 minute totdat die kondensmelk soliede karamel is.

En daar het jy super klam, super soet, heerlike brownies.  Bedien op met roomys en onthou om die volgende oggend te gaan gym.  (Ag nie rerig nie, daar is mos oats in, so dis heel gesond!)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Prutpot 5 laag brownies
« Reply #1 on: May 20, 2013, 12:22:20 PM »
Heerlik heerlik.  Baie dankie matertjie.  Jy is 'n skattebol. 
Om te weet is om te verstaan.